4 Denkbeeldige Probleme (en die realiteit van elk)

Dit is menslike natuur om te glo dat ons net een klein verandering weg van ‘n suksesvolle lewe is. As ons net dit of dat sou kon doen, sou alles perfek wees. Ons kyk altyd na wat ons kort, eerder as wat ons het.

Hierdie gebrekkige denkwyse lei tot die vorming van denkbeeldige probleme. Hoe meer ons daarop fokus, hoe meer werklik voel die probleme en hoe minder voel ons toegerus om die probleme te oorkom.

Hier is 4 van die mees gewilde denkbeeldige probleme wat ons vir onsself skep, sowel as die realiteit waarvan ons bewus moet word.
Die probleme kan in die pad staan tussen jou en jou benadering tot Die 28 Dae Eetplan, maar ook enige ander uitdaging in enige area van jou lewe.

DENKBEELDIGE PROBLEEM #1: Hoekom tref teëspoed net vir my?

REALITEIT: Die lewe is ewekansig. Niemand wil jou onderkry nie. Eintlik deel jy elke negatiewe ervaring met die res van die wêreld – ons is almal saam hier in! Moenie iets unieks daarvan probeer maak nie.
Jou “teëspoed” is bloot ‘n eenmalige situasie. Dit is in die verlede.

DENKBEELDIGE PROBLEEM #2: Dit is te moeilik … ek wil ophou.

REALITEIT: Niks is te moeilik nie. Jou brein is ‘n wonderlike stuk briljantheid. Dit kan met gemak alles leer. Dit is in staat om verskeie nuwe tale te bemeester. Dit kan ingewikkelde wiskundige vergelykings en stellings oplos. Dit kan pragtige melodieë saamstel en wonderlike kunswerke bou. Dit kan enige doelwit bereik wat jy vir jouself stel.
Al wat jy hoef te doen is om jou brein die regte inligting in die regte hoeveelhede te gee, en dit sal die res self doen.

DENKBEELDIGE PROBLEEM #3: As ek net meer geld gehad het…

Die 28 Dae Eetplan
Die 28 Dae Eetplan Resepteboek met 200 resepte om jou spyskaart op te kikker!

REALITEIT: Geld skep nie geluk nie. Dit kan nie wie jy is verander nie. Dit sal nie jou depressie genees, verhoudings verbeter of saak maak as jy op jou sterfbed lê nie. Dit is bloot ‘n digitale voorstelling van die verskillende besluite wat jy in jou lewe geneem het tot en met die huidige oomblik.
Op sigself is geld heeltemal waardeloos. Ons beskou geld as die doel – maar dit is net ‘n hulpmiddel.

DENKBEELDIGE PROBLEEM #4: Wat as …?

REALITEIT: Jy probeer om ‘n toekoms van jou eie skepping te voorspel, en dit is vreemd genoeg ingestel om elke ergste scenario wesenlik, in te sluit.
Die waarheid is dat mense elke dag opmors en/of foute begaan. Dit word menswees genoem. Ons almal doen dit. Om ons te bekommer oor dinge wat buite ons beheer is, is ‘n mors van tyd en energie.

Hoe oorkom ek denkbeeldige probleme?

Die wet van aantrekking bepaal dat dit waaroor ons dink ons in die werklikheid skep. Daarom, as jy bekommerd is oor denkbeeldige probleme is jy eintlik besig om dit te skep en dit werklik te maak.
Probleme bestaan nie voordat ons dit skep nie. Daarom is bekommernis oor denkbeeldige probleme eintlik die enigste ‘werklike’ probleem wat enige van ons het. Eers stel jy dit voor, dan verskyn dit.

Die oplossing is eenvoudig:
1. Hou op om denkbeeldige probleme te skep en om daarop te fokus.
2. Vervang denkbeeldige probleme met positiewe, haalbare en opwindende doelwitte wat, met jou konstante fokus, slegs goeie veranderinge in jou werklikheid sal skep.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *