7 Dinge wat jy nie van Eetplan Idees geweet het nie

1. Ons is ‘n geregistreerde maatskappy

En ons funksioneer soos een. Ons hou ons prosesse doeltreffend, ons produkgehalte hoog en ons kliëntediens uitstekend.

2. Ons gebruik slegs betroubare betaalportale

Ons aanvaar betalings op ons webwerf deur veilige derdeparty-betalingsverwerkers. Dit beteken dat jou kredietkaart- of EFT-inligting op die betalingsverskaffer se webwerf ingevoer word vir veilige betaling, en dit word nêrens gestoor of met enigiemand gedeel nie – nie eers met ons nie! Ons sal NOOIT vir betaling in ‘n persoonlike bankrekening vra nie.

3. Jou bestelling word onmiddellik verwerk

Geen oponthoud nie! Jou bestelling hang nie vir dae onaangeraak op ons stelsel nie. Ons begin bestellings verwerk op DIESELFDE DAG wat jy dit plaas. En as jy voor 13:00 bestel sal ons jou bestelling ook op dieselfde dag versend.
Digitale bestellings soos e-boeke kan onmiddellik na betaling verkry word.

4. Ons hou jou op hoogte

Jou bestelling is ten alle tye opspoorbaar. Jy ontvang ook e-pos kennisgewings vir elke geleentheid; vanaf die oomblik dat ons jou bestelling begin verpak tot die oomblik dat jou bestelling afgelewer is.

5. Ons volg elke bestelling persoonlik op

Ons monitor die vordering van aflewerings noukeurig vir elke bestelling wat by ons geplaas word. Wanneer ons ‘n vertraging of ander afleweringskwessie opmerk, volg ons dadelik op met die koerier – selfs wanneer die ontvanger nie ‘n opdatering versoek het nie.

6. Al ons produkte is oorspronklik

Ons doen baie moeite om ons hulpbronne te skep en saam te stel. Vanaf die teks, die produkbenaming, ontwerp en uitleg – al ons produkte is oorspronklik. Ons maak baanbrekende hulpbronne vir die wonderlike 28 Dae Dieet (alhoewel daar baie na-apers en substandaard nabootsings van ons werk ronddwaal).

7. Ons verbeter voortdurend ons produkte en sisteme

Ons hersien en verbeter deurlopend die inhoud en kwaliteit van ons produkte. Met inagneming van ons kliënteterugvoer sowel as veranderinge in die behoeftes van ons gehoor, poog ons om hoë bruikbaarheid en langdurige waarde in ons produkaanbiedinge te verseker.

KLIK HIER OM ONS WINKEL TE BESOEK EN DIE EETPLAN IDEES STANDAARD TE ERVAAR

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *