Top Wenke vir die Handhawing van ‘n Gesonde Doelgewig

Jy het al die harde werk gedoen deur Die 28 Dae Dieet of enige ander gewigsverliesprogram suksesvol te volg, en jy is so beïndruk met jou nuwe liggaam. Jy is gesonder, meer energiek en lyk beter as wat jy ooit vantevore gelyk het.

Nou is dit tyd om jou ideale liggaamsgewig te handhaaf deur die regte stappe te volg om te verseker dat jy nie jou harde werk ongedaan maak nie.

Inkopies

Maak ‘n lys wanneer jy beplan om inkopies te doen (aanlyn of by ‘n winkel), en hou daarby. Maak jou lys tuis as jy ‘n fisiese winkel gaan besoek (moet dit nie vergeet nie!) en moet niks daarby voeg wanneer jy daar is nie.

Dit sal jou daarvan weerhou om kos te koop wat jy nie moet nie, en verhoed daarvan om te veel geld te bestee.
Hier is nog ‘n paar wenke om beter keuses by die kruidenierswinkel te maak:

  • Waarde/grootmaat verpakking. Dit is gewoonlik te groot, bevat meer kalorieë en moedig ooreet aan. Die enigste uitsonderings is maer vleis, vrugte, groente en water.
  • Koop enkelporsie-items. Koop, byvoorbeeld, individuele vrugte-ysies, in plaas van ‘n bak roomys. Dit is baie meer waarskynlik dat jy jouself kan ooreet aan roomys as ‘n individuele ysie wat reeds in ‘n enkelporsie is.
  • Bly teen die mure. Kruidenierswinkels hou die gesonde kosse soos maer vleis, suiwel, volgraan (brood), vrugte en groente langs die mure van die winkel.
  • Bly weg van die binneste rakke af. Die binnerakke is vol kossoorte wat vooraf verpak, oormatig verwerk en ontneem van enige voedingswaarde is. ‘n Paar voorbeelde sluit in gegeurde rys, gevriesde boksmaaltye, blikkieskos, pizza, gemorskos, peuselhappies en skyfies. Probeer eerder om vars vrugte en groente te eet, maak jou eie pizza met vars bestanddele en voeg jou eie tuisgemaakte slaaie by.
  • Pasop vir die deli. Voorbereide slaaie en bykosse word meestal gemaak met mayonnaise van ‘n hoë vetgehalte en bevat hoë hoeveelhede natrium (sout). Neem ‘n bietjie tyd om jou eie te maak; jy kan sodoende tonne vet, kalorieë en natrium uit jou dieet verwyder. Deli-vleis kan net so vreesaanjaend wees. As jy kouevleis móét eet, kan jy maer snye eet. Hulle is gewoonlik laer in natrium en vet as die ander. As jy van toebroodjies hou, probeer om jou eie vleis of hoender te kook. Sny dan die vleis in snye en vries dit. Jy sal weke lank heerlik gesonde vleis vir slaaie en toebroodjies hê.

Restaurante

Ons leef in ‘n super-vergrootte wêreld. Porsies is twee keer, indien nie drie keer, die hoeveelheid wat hulle behoort te wees.

Ons glo dat almal wel goed kan eet en nie ontneem van enigiets voel as hulle net die regte kos in die regte porsies eet nie.
Onthou die volgende wanneer jy uiteet:

  • Vra ‘n brakkie sakkie. Vra dat ‘n brakkie sakkie / woefkardoes saam met jou ete na die tafel gebring word. Voordat jy eers die eerste happie neem, sit die helfte van jou kos in die sakkie. Jy sal by die restaurant ‘n goeie porsie hê om te eet, sowel as ‘n ander een vir môre. Onthou, soos jou maag weer groter word, word jou eetlus ook groter.
  • Kry ‘n voorsprong op jou hongerte. Begin met ‘n dun sop, vrugte, ‘n klein slaai (kyk na wat jy daarin sit!) of rou groente (sonder enige sous).
  • Behou altyd beheer oor jou bestelling. Vra dat alle souse aan die kant van jou bord bedien moet word. Bly weg van botteragtige wit stysel soos kapokaartappels / skyfies en vra vir ‘n dubbele porsie groente. Vra ook dat die groente sonder sous en botter voorberei word. Miskien sal jy ‘n bietjie langer wag vir jou ete, maar dit sal jou uiteindelik baie kalorieë en gramme vet bespaar.
  • Kou stadiger. Deur stadig te eet en jou kos meer deeglik te kou, sal jy voller en meer versadig voel.
  • Kies kleiner porsies. As jy in ‘n kitskosrestaurant eet, kies dan die skraalste, gebraaide of gebakte item. Jy kan ook ‘n kindermaaltyd kies. Dit sal ‘n kleiner porsie wees en sommige restaurante bied nou appels en sap in plaas van skyfies en gaskoeldrank.
  • Slaan die buffet oor – ALTYD! As jy na een van hierdie tipe etes moet gaan, stel ons voor dat jy ‘n geroosterde / gebakte vleis en ‘n groenslaai kies. Besoek slegs een keer die buffet tafels en eet stadig. Sommige mense glo dat die geheim om nie te veel aan ‘n buffet te eet nie, is om stywe klere aan te trek! Die idee is dat dit hulle sal weerhou om te ooreet as hulle voel hoe hul maag oor hul gordel vou. (Die moeite werd om te probeer!)
  • Verwyder die sondebokke. Sny altyd die vet af en verwyder die vel van hoender voordat jy dit eet.
  • Bly weg van dik, ryk souse. Dun souse is meer op sop gebaseer en bevat waarskynlik nie die ekstra vet en room nie. Vermy hollandaise, bearnaise, beurre blanc, of enigiets wat soos vleissous lyk. Rooi souse is beter as wit.

Tuis

Net soos in restaurante, is ons porsies ook te groot by die huis.

Onthou die porsie-groottes toe jy die kilogramme afgeskud het, en pasop dat jy weer na oormatige porsies terugkeer.

  • Hou aan om kleiner borde, bakkies en glase te gebruik. ‘n Mens is minder geneig om te ooreet op ‘n kleiner bordjie.
  • Geen gestapel nie. Moet nooit jou bord hoog ophoop nie. Probeer altyd om jou hele maaltyd in ‘n enkele laag op jou bord te skep.
  • Skep altyd jou kos in ‘n bord (geen gesinsstyl etes nie) en geen tweede opdisbeurt nie.
  • Moenie eet as jy nie honger is nie. Moenie eet as ‘n manier om tyd te verdryf of verveling op te los nie. Dit is ongelooflik hoe maklik dit is om te veel te eet as jy nie in beheer van jou eetgewoontes is nie.

Alkohol

Nee vir “HAPPY HOUR”.

Jammer om die slegte nuus oor te dra, maar die gereelde inname van alkohol is regtig nie ‘n goeie idee nie wanneer jy gesondheidsbewus is nie.

Die studies gaan heen en weer oor rooiwyn, maar bevestig wel dat dit oor die algemeen beter is om alkoholiese drankies vermy. Dit vertraag nie net jou metabolisme deur die tempo waarteen jou liggaam kalorieë verbrand, te verander nie; dit plaas jou ook in ‘n posisie om swak voedselkeuses te maak. Alkohol ontmoedig jou en maak oefensessies baie moeilik!

Baie studies toon dat 1 glas rooiwyn voordelig kan wees vir hartgesondheid. Dit is egter beter om jou hart gesond te hou deur beter te eet en te oefen, as om jou hartgesondheid op ‘n glas wyn te baseer.

Samevatting

Die 28 Dae Eetplan is een van die mees doeltreffende planne om gewig te verloor en ‘n gesonde doelgewig te bereik, maar dit is noodsaaklik om ‘n paar van die nuwe eetgewoontes wat jy aangeleer het by jou nuwe, gesonde lewe in te sluit.
Die rede waarom ons in die eerste plek oorgewig is, is immers hoofsaaklik as gevolg van slegte koskeuses.

Die goeie nuus is dat jy steeds regte, gesonde en heerlike kos kan eet – nie net terwyl jy gewig verloor nie, maar wanneer jy dit wil handhaaf. Die resepte in Eet & Geniet Resepteboek is so lekker dat jy dit kan gebruik selfs nadat jy die plan voltooi het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *