Die 28 Dae Eetplan en Basiese Riglyne
Die 28 Dae Eetplan is ‘n gewigsverlies program wat spesifiek bedoel is om persone te help om gewig te verloor en die nodige leefstylveranderinge te leer om hul doelgewig te handhaaf. Hoe meer gewig jy het om te verloor, hoe vinniger sal jy gewig ver loor.
Klik op die skakel onderaan om uit te vind hoe jy die 28 dae eetplan pdf met riglyne kan aflaai.
Die 28 Dae Eetplan
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Dag 1
Graankos & 2% Melk
Hoender & 1 Groente
Sop, 1 Toast & Kaas
Dag 2
Droë Vrugte
Vis & Slaai/Groente
2 Eiers & Tamatie & Uie
Dag 3
Joghurt & 1 Vrug
1 Aartappel & 1 Groente
3 Vrugte
Dag 4
Graankos & 2% Melk
Pasta & Tamatie &Uie
1 Vrug, 6 Provitas & Kaas
Dag 5
Joghurt & 1 Vrug
Vis & Slaai/Groente
1 Groente
Dag 6
Droë Vrugte
1 Aartappel & 1 Groente
Sop, 1 Toast & Marmite
Dag 7
Graankos & 2% Melk
Hoender & Slaai/Groente
2 Eiers, 1 Toast & Tamatie
Eetplan Idees®
Alles wat jy nodig het om die 28 dae Eetplan te
begin, te volg en daardeur jou doel gewig te bereik.
Dag 8
Joghurt & 1 Vrug
Tuna Slaai
3 Vrugte
Dag 9
Graankos & 2% Melk
1 Aartappel & 1 Groente
2 Eiers & 1 Toast
Dag 10
Graankos & 2% Melk
Sop, 4 Provitas & Kaas
1 Groente
Dag 11
Joghurt & 1 Vrug
Vis & Slaai/Groente
3 Vrugte
Dag 12
Droë Vrugte
Vrugteslaai
Rooivleis & Groente
Dag 13
Graankos & 2% Melk
1 Groente
Pasta & Tamatie & Uie
Dag 14
Droë Vrugte
Hoender & Slaai/Groente
Joghurt & 2 Vrugte
Eetplan Idees®
Alles wat jy nodig het om die 28 dae Eetplan te
begin, te volg en daardeur jou doel gewig te bereik.
Dag 15
1 Toast & Tamatie
Komkommer & Wortels
Sop, 1 Toast & Kaas
Dag 16
Graankos & 2% Melk
Tuna Slaai
Vrugteslaai
Dag 17
Droë Vrugte
1 Aartappel & 1 Groente
Sop, 1 Toast & Kaas
Dag 18
1 Toast & Tamatie
2 Eiers & Sampioene
Vrugteslaai
Dag 19
Graankos & 2% Melk
Hoender & Slaai/Groente
1 Vrug, 1 Toast & Kaas
Dag 20
Droë Vrugte
2 Eiers & Sampioene
Vrugteslaai
Dag 21
Joghurt & 1 Vrug
Rooivleis & Groente
1 Vrug, 6 Provitas & Kaas
Eetplan Idees®
Alles wat jy nodig het om die 28 dae Eetplan te
begin, te volg en daardeur jou doel gewig te bereik.
Dag 22
Vrugte
Vrugteslaai & Joghurt
Vrugte
Dag 23
Graankos & 2% Melk
Hoender & Slaai/Groente
Sampioene & Blaarslaai
Dag 24
1 Eier, 1 Toast & Tamatie
Pasta & Tamatie & Uie
Sop, 1 Toast & Marmite
Dag 25
Droë Vrugte
Gemengde Groente
3 Vrugte
Dag 26
Joghurt & 1 Vrug
Vis & Slaai/Groente
1 Groente
Dag 27
Droë Vrugte
1 Aartappel & 1 Groente
Sop, 1 Toast & Marmite
Dag 28
Graankos & 2% Melk
Hoender & Slaai/Groente
2 Eiers, Tamatie & 1 Toast
Eetplan Idees®
Alles wat jy nodig het om die 28 dae Eetplan te
begin, te volg en daardeur jou doel gewig te bereik.
BASIESE RIGLYNE
ETENSTYE
Dit word aanbeveel om 5 ure tussen maaltye te laat.
Ontbyt: 07h00 – 08h00 (nie later as 1 uur na jy wakker skrik nie)
Middagete: 12h00 – 14h00
Aandete: 18h00 – 20h00
ALGEMEEN
Drink baie water (8-10 glase per dag)
Geen peusel of tussen happies word toegelaat nie
Moenie maaltye omruil nie
Moenie kroek of bestanddele uitlaat/vervang nie
VROUE PORSIE
Elke maaltyd (die hele maaltyd) moet pas in ‘n bakkie van 450ml
MANS PORSIE
Mans eet dubbel waar die plan items kwantifiseer, bv.
2 Aartappels, 4 Eiers, 2 Snye Brood ens.
Elke maaltyd (die hele maaltyd) moet pas in ‘n bakkie van 600-700ml
PAP
Toelaatbaar: FutureLife, Weetbix, Corn Flakes, All Bran Flakes, All
Bran High Fibre, Jungle Oats, Nutrific, Special K, Rice Krispies, Pronutro
Ontoelaatbaar: Muesli, pap met vrugte, pap met sjokolade/suiker bedekking
MELK
Net genoeg om jou pap toe te maak, en jou koffie/tee te maak
Toelaatbaar: 2% Melk, Vetvrye melk, Klappermelk, Amandelmelk, Soja Melk
Ontoelaatbaar: Volroom melk
HOENDER
Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue)
Toelaatbaar: Borsstukke word aanbeveel, altyd sonder vel
Ontoelaatbaar: Vel, deeg, krummels, lewertjies
VIS
Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue)
Toelaatbaar: Salm, snoek en ander vis met grate; stokvis word aanbeveel
Ontoelaatbaar: Seekos, deeg, krummels
ROOIVLEIS
Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue), vet afgesny
Toelaatbaar: Beesvleis, skaapvleis, steak, maalvleis (ekstra maer), volstruis, wildsvleis
Ontoelaatbaar: Varkvleis, organe, marinade
ROOSTERBROOD
Toelaatbaar: Enige wit, bruin of volgraan brood
Ontoelaatbaar: Brood met vrugte, joghurt, stroop of sade
2 Snye “Albany Ultima Kilojoule Controlled” brood mag geëet word waar die dieet 1 sny noem
Brood moet altyd gerooster word
SOP
Toelaatbaar: Tuisgemaakte dun sop, Cup a Soup LITE (enige geur)
Ontoelaatbaar: Verbode groente, room, verdikkers, poeiers
VRUGTE
Toelaatbaar: Alle vrugte, met die volgende beperkinge:
Piesang – 1 per ete, 2 per dag, 4 per week
Druiwe – 10 tot 15 korrels
Lietsjies – 10
Aarbeie – 5 Klein OF 3 groot
GROENTE
Toelaatbaar: Alle groente, met die volgende beperkinge:
Aartappel slegs wanneer dieet dit noem
Avokadopeer – 1 as groentesoort, ½ in slaai, 2 per week
Ontoelaatbaar: Mielies, ertjies, peulgroente (behalwe groenbone), patats (behalwe as plaasvervanger vir aartappel)
DROË VRUGTE
Toelaatbaar: Pruimedante, perskes, appels, appelkose, pere
Alternatief: 2 Appels gestoom met kaneel
JOGHURT
Porsie: 175ml per ete
Toelaatbaar: Enige lae vet joghurt
Ontoelaatbaar: Volroom, dubbelroom
KAAS
Porsie: Net genoeg om jou brood/Provita te bedek
Toelaatbaar: Wit kaas bv. Wit cheddar, Edam, Tussers, Mozzarella
Ontoelaatbaar: Sagte kase, feta kaas
PASTA
Porsie: ½ Van jou EIE bakkie rou pasta
Ontoelaatbaar: 2Min Noodles
GEURMIDDELS
Toelaatbaar:
Alle vars of gedroogte speserye en kruie
Spray & Cook (enige geur)
Weigh Less slaaisous slegs saam met tunaslaai
Suurlemoensap, Balsamiese asyn, Worcestershire & Tabasco
Ontoelaatbaar: Olie, vet, botter, suiker, smeer
DRANKIES
Daaglikse maksimum: 2k Koffie/Tee en 5k Groentee
Toelaatbaar: Koffie, tee (melk toelaatbaar, geen suiker), Flat Tummy water, Appel-Kaneel water, Ongegeurde minerale water, Gewone kraanwater
Ontoelaatbaar: Koeldrank, sap, gegeurde water, alkohol, suiker saam met koffie/tee
Klik hier om die plan en basiese riglyne in PDF-formaat te kry
Goeie dag, ek is vegetaries en wil graag ook d dieet volg. Kan ek vleis vervang m lensies/chickpeas?
Jy kan 🙂