Bekendstelling van ons nuwe webwerf

Ons is trots en opgewonde om die bekendstelling van die herontwerpte webwerf vir Die 28 Dae Eetplan by www.eetplanidees.com aan te kondig.

Nuwe webwerf aankondiging

Die nuwe webwerf het ‘n moderne ontwerp, aansienlik verbeterde funksionaliteit en maklike toegang tot alle noodsaaklike inligting en hulpbronne om mense te help om hul sukses op Die 28 Dae Eetplan te optimaliseer.

Die nuwe webwerf is deel van die voortdurende evolusie van die Eetplan Idees handelsmerk.

Ons span het hard gewerk om ‘n nuwe webwerf ryk aan inligting saam te stel vir die gebruik as ‘n hulpbron net vir jou. Die webwerf sal voortaan die een, sentrale en amptelike ruimte wees vir Die 28 Dae Eetplan, sy inhoud, gebruikers, ondersteuningstrukture en produkaanbiedinge.

Wat verander is

Die nuwe webwerf is ontwerp om vinniger as ooit tevore, makliker om te navigeer en meer gebruikersvriendelik te wees. Terwyl ons die ontwerp konsekwent hou met ons ou webwerf, het ons na ‘n meer kliënt-gesentreerde uitleg beweeg.

Die belangrikste verskille met die nuwe webwerf is:
• Ons het na ‘n nuwe webwerf-adres geskuif. Dit is www.eetplanidees.com
• Ons het ons sosiale media platform, E-Klets, by die nuwe webwerf geïntegreer
(Voel asseblief vry om aan te sluit – dit is GRATIS!)
• Ons het al die wenke, riglyne en inligting oor Die 28 Dae Dieet in een sentrale, goed gestruktureerde afdeling geplaas, GRATIS toeganklik vir lede. Teken nou in!

Waarom ons die webwerf verander het

1. Alles op een plek

Jy weet reeds dat ons voorheen twee aparte webwerwe vir ons Afrikaanse en Engelse gebruikers gehad het. Ons het dit nou in een enkele webwerf gekombineer, sodat almal eenders en gelyktydig by al die funksionaliteit kan baat.

Die hoof vertoontaal van die nuwe webwerf sal Afrikaans wees, aangesien dit die taal is wat deur die oorgrote meerderheid van ons lede gepraat word. Engelse gebruikers kan egter eenvoudig die taalkieserknoppie (skermkiekie) gebruik om die hele webwerf onmiddellik in Engels te vertoon.

Dit geld ook vir die winkel, maar aangesien al ons produkte in beide Afrikaans en Engels beskikbaar is, kan gebruikers eenvoudig die taal kies waarin hulle hul produk wil ontvang.

2. Om verwarring te verhoed

Oor die afgelope paar maande het ons ‘n toename in klante-verwarring oor 28 Dae Dieet produkte opgemerk. Talle mense het ons gekontak om ‘n bestelling op te volg waarvoor hulle betaal het, maar nooit by ons geplaas is nie. Dit is omdat daar baie individue, groepe en bladsye is wat ons handelsmerk naboots en ons produkte (insluitend produkname en pryse) kopieer in ‘n poging om nie-vermoedende kopers te manipuleer en te mislei.

Om dit te verhoed, het ons ‘n selfstandige webwerf vir die Eetplan Idees handelsmerk geskep.

3. Beter selfoon ervaring

Sommige van julle het dalk agtergekom dat dit moeilik, en by tye onmoontlik geword het om ‘n bestelling op ons ou webwerf by www.die28daeeetplan.co.za te plaas. Dit is as gevolg van die hoë bestellingsvolumes wat ons ontvang het, wat gelei het tot die absolute onvermoë van die webwerf-infrastruktuur om al die besoekersverkeer te hanteer.

Ons is dankbaar vir al die ondersteuning en vra opreg om verskoning vir die ongerief. Gelukkig is dit nou reggestel.

Meer en meer van ons gewaardeerde lede en besoekers bekyk ons webwerf op mobiele toestelle, daarom het ons alles gedoen om selfoon bruikbaarheid verder te op te skerp om ‘n selfs beter gebruikerservaring te bied.

Om oplossings rondom komplekse stelselbestuur te lewer is op sigself ‘n komplekse boodskap om te kommunikeer. Ons nuwe webwerf help om duidelik te verwoord wat ons doen; hoe ons dit doen; en die waarde wat ons vir ons vennote en klante kan bring. Uitstekende werk deur die Bemarkingspan

Fraser Hamilton, VP vir Global Alliances

Oor Eetplan Idees

Eetplan Idees is die oorspronklike en amptelike verspreider van Die 28 Dae Eetplan. In 2017 het ons vir die eerste keer Die 28 Dae Eetplan na die internet gebring.

Voor dit was die plan net in stukkies en plek-plek op sosiale media beskikbaar. Ons het die plan aanlyn beskikbaar gestel sodat almal vrylik en gratis toegang kan kry.

Sedertdien het ons voortgegaan om die plan te verbeter en unieke, kwaliteit hulpbronne te skep – soos die bekende 28 Dae Eetplan Resepteboek, Eet & Geniet, om sukses op die dieet te verhoog.

Eetplan Idees stel mense in staat om aktief te besluit om die plan te probeer deur in hulself te glo en in hulself te belê met behulp van ons produkte soos die Resepte selfoontoepassing, Resepteboek, Yskaskaart, Joernaal en 7 Dae Uitdaging en uiteindelik suksesvol te wees met die soms uitdagende, maar hoogs belonende 28 Dae Dieet.

Vind uit hoe by www.eetplanidees.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *