Porsies in gram of milliliter: Maak dit saak?

Die fundamentele manier waarop die liggaam vet verbrand is om ‘n kalorie tekort te skep: Jy eet minder kos as waaraan jou liggaam gewoond is om in te neem vir daaglikse funksionering. Sodoende forseer jy jou liggaam om die nodige energie te verkry deur die vet reserwes te verbrand.

Hoeveel moet ek eet?

Amper niks word geweeg op Die 28 Dae Eetplan nie. Die goue reël as dit kom by porsies vir beide mans en vroue is, “Altyd Jou Bakkie Vol”.

Elke maaltyd (die hele maaltyd, gaar/voltooid) moet pas in ‘n bakkie waarvan die grootte afhang van jou geslag.

Onthou dat jou bakkie grootte bepaal word deur volume (hoeveel spasie beskikbaar is in die binnekant van die bakkie) en nie massa (hoeveel die bakkie weeg) nie.

Hoe word dit gemeet?

Instruksies vanuit die Beginnersgids:

  1. Meet die voorgeskrewe hoeveelheid vloeistof (gebaseer op die riglyne vir verskillende geslag) in ’n maatbeker.
  2. Vul ‘n poedingbak/plastiekbakkie met die vloeistof. Waar die vloeistof se rand stop is dan jou korrekte hoeveelheid waarin jou maaltyd moet pas.

Alternatiewelik kan jy ook ‘n 450ml (of watter grootte jy benodig) bakkie aanskaf om die meetproses te elimineer, soos hierdie bakkie vir vroue of hierdie een vir mans.

Die bakkies bevat ook afskortings wat verwyder kan word en dit is BPA-vry, skottelgoedopwasser- en mikrogolfvriendelik.

 

Is milliliter en gram nie dieselfde nie?

‘n Vinnige Google soektog kan jou maklik om die neus lei in jou soeke na die antwoord op hierdie vraag. Die kort antwoord is nee. So, hoekom sê Google ja?

Die aanname dat 450ml gelykstaande is aan 450g is slegs van toepassing op water en nie op kos nie, aangesien verskillende voedselsoorte verskillende digthede het. Neem in ag dat 250ml meel slegs 120g weeg en nie 250g nie.

 

Wat beteken dit?

Gewig en volume is nie dieselfde nie.

Gewig verwys na hoe lig of swaar iets weeg, en word tipies in gram of kilogram gemeet.

Volume verwys na die hoeveelheid spasie wat ‘n voorwerp in beslag neem, en word tipies in milliliter of liter gemeet.

Dink aan hierdie voorbeeld:

‘n Rolbal en ‘n korfbal het ongeveer dieselfde volume (neem dieselfde spasie op) maar die rolbal het ‘n groter gewig (weeg swaarder) as die korfbal.

 

Opsomming

Op hierdie plan gebruik ons volume, m.a.w. milliliter en nie gram nie. As jy volgens gewig gaan eet gaan jou porsies dalk te min/te veel wees en dit gaan dan jou gewigsverlies en algemene welstand beïnvloed.

2 Comments

  1. Goeie dag, ek wil net weet mag ek n lekker suig of n beechie kou vir my asem wat nie lekker ruikss ek die 28dae dieeet doen

    1. Eetplan Idees says:

      Jy mag suikervrye kougom kou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *