Hoekom verloor ek nie gewig nie? – Die Vet “Whoosh” Effek

Vetverbranding

Die fundamentele manier waarop die liggaam vet verbrand is om ‘n kalorie tekort te skep: Jy eet minder kos as waaraan jou liggaam gewoond is en forseer sodoende jou liggaam om die nodige energie te verkry deur die vet reserwes te verbrand. Ja, dit is so eenvoudig.

Maar, soos baie van ons dieet veterane weet, is die hoeveelheid gewig wat jy daagliks of weekliks verloor nie altyd konsekwent nie.

Party weke verloor jy glad nie gewig nie – selfs wanneer jy alles eet wat jy moet, niks uitlaat/vervang nie en nie eers een keer kroek nie. Ander weke verloor jy soveel meer gewig as wat jy ooit kon droom.

Hoekom gebeur dit?

Dit is iets wat in die Engelse gewigsverlies gemeenskap bekend staan as die “Whoosh” Effek. Soos wat jy vet verbrand sal jy agterkom dat die areas waar daar voorheen vet was skielik baie sag voel. Hierdie sagte areas vorm as gevolg van water wat die plek van vet inneem sodra dit verbrand word.

Dit kan voor kom op plekke waar jy dit kan sien, soos jou maag, bobene, boude, asook op inwendige plekke waar jy dit nie kan sien nie. Waar dit okal voor kom, dit is vetselle wat eens met vet gevul was wat nou vol water is.

Jy kan die sagte vet areas vir ‘n paar dae tot soveel as ‘n paar weke voel. Dan, eendag uit die blou, voel hierdie areas ferm! In sommige gevalle kan jy fisies maerder lyk en terselfdertyd sal jy agterkom dat die lesing op die skaal skielik verminder.

Plekhouer

Die water is ‘n tipe plekhouer vir die vet. Die selle wag vir oortollige vette om deur jou liggaam ingeneem te word, sodat dit weer in hierdie selle gestoor kan word. Maar soos wat jy uithou en volhou op die dieet, besef die vetselle dat daar nie weer vet gaan inkom nie. Dit bars dan oop, stel die water vry en siedaar! Jy is sommer ‘n paar kilogramme ligter.

As jy gedurende hierdie tydperk moed verloor en tou opgooi, en terugkeer na jou ou eetgewoontes, vervang die vet die water plekhouers en jy sit weer al die verbrande vet terug. Dit staan bekend as die “Whoosh” Effek.

Dit is ook merkwaardig om te noem dat, volgens onlangse studies, die liggaam nooit vetselle kan vernietig nie. Elke persoon se liggaam is geprogrammeer om ‘n sekere aantal vetselle te hê. Soos wat die vetselle hul natuurlike koers loop en doodgaan, word hulle onmiddellik deur die liggaam vervang.

So, alhoewel ons die vet verbrand, en ons liggame die water vrystel, bly die vetselle nog steeds dormant in ons liggame.

Ter gevolgtrekking is dit belangrik om te onthou om nie moed te verloor as die skaal ewe skielik stilstaan nie. Dit is hoekom ons nie elke dag op die plan weeg nie, maar slegs een keer per week.

En dit is belangrik om nie terug te keer na ou eetgewoontes nie – onthou, die vetselle wag om weer gevul te word!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *