Onderaktiewe Skildklier en Gewigsverlies

Die skildklier produseer hormone wat ‘n aantal liggaamsprosesse reguleer. Hipotireose, ook bekend as onderaktiewe skildklier, is ‘n mediese toestand wat die skildklier se aktiwiteitsvlak afneem en sodoende nie genoeg hormone produseer om te verseker dat die liggaam korrek funksioneer nie.

Een van die primêre prosesse wat die skildklier reguleer is metabolisme. Wanneer jou skildklier nie korrek funksioneer nie, verlaag jou metabolisme en jy begin gewig optel. Jy voel moeg en het nie veel energie nie, wat dan jou motivering en stamina vir oefening ook laat verdwyn.

‘n Aansienlike verandering in jou daaglikse dieet is nodig om sukses met gewigsverlies te ondervind.

Hier is ‘n paar stappe om in gedagte te hou met ‘n onderaktiewe skildklier.

  1. Kry ‘n amptelike diagnose

Sien dadelik jou dokter as jy simptome van onderaktiewe skildklier ervaar. As jy nie die korrekte behandeling vir hipotireose ontvang nie, gaan gewigsverlies amper onmoontlik wees; ongeag of jy oefen of gesond eet. Hoe langer dit neem om te diagnoseer, hoe meer gewig gaan jy optel.

2. Toets jou hormoonvlakke

Hormoonweerstandige toestande soos insulienweerstandigheid dra by tot die gewigsverlies uitdagings wat deur diegene met ‘n onderaktiewe skildklier ervaar word. ‘n Vastende glukose toets is ‘n beginpunt om insulienweerstandigheid te diagnoseer, wat dit dan makliker maak om die korrekte behandeling te ontvang.

3. Verander jou eetgewoontes

‘n Aansienlike verandering in jou daaglikse dieet is nodig om sukses met gewigsverlies te ondervind. ‘n Paar wenke sluit in:
• Sny algehele kalorieë
• Verhoog jou inname van vesel
• Beperk/vermy eenvoudige koolhidrate en onnatuurlike suiker
• Verander jou etenstye

4. Drink genoeg water

Water verseker die effektiewe werking van jou metabolisme. Dit kan ook jou eetlus verminder, watersug elimineer en spysvertering verbeter.
Behalwe vir die 8 glase water wat elke persoon per dag behoort te drink, beveel kenners aan om ‘n addisionele halwe glas water per dag te drink vir elke kilogram gewig wat jy graag wil verloor.

5. Doen oefening

Een van die mees belangrike dinge om te doen om jou metabolisme ‘n hupstoot te gee is om te oefen. Om fisies aktief te wees help om kalorieë en oortollige vet te verbrand, bloedsuikervlakke te verlaag en hormone soos leptien in balans te hou.

Die 28 dae dieet bied ‘n goeie raamwerk waarop jy jou eetgewoontes kan bou as jy jou onderaktiewe skildklier in toom wil hou deur jou metabolisme te verhoog – en ook daardie ekstra kilogramme wil afskud.

Gesels met jou dokter om die veranderinge aan die plan te bring wat pas by jou liggaam en medikasie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *