Hoe om jou kop reg te kry vir gewigsverlies

Het jy al ooit jouself afgevra hoe mense dit regkry om so baie gewig te verloor?

Mens dink om gewig te verloor is ‘n kwessie van genetika, metabolisme en die wilskrag om jou gewoontes te verander. Alhoewel hierdie dinge ‘n rol speel in die gewigsverlies en die verbetering van jou algemene gesondheid, gebeur die belangrikste faktor van verandering in jou brein.

Die twee stimuli wat veroorsaak dat mense aksies uitvoer

Volgens die Amerikaanse skrywer en motiverende spreker, Tony Robbins, se boek, “Awaken The Giant Within”, is mense gemotiveer om aksies uit te voer deur twee dinge: pyn en plesier.
Ons doen die dinge wat ons doen om van pyn na plesier te beweeg.

Dit kan wees: eet, slaap, om ‘n lewensmaat vind, om te bedank van ‘n werk wat jy haat, drink, rook of dobbel.
Ons assosieer eet met plesier omdat dit die pyn van honger verwyder.
Ons slaap om ons uitgeputte liggame en gees ‘n bietjie rus te gee.
Ons spandeer ‘n goeie deel van ons lewens op soek na ‘n maat, sodat ons ons vreugdes en hartseer kan deel.

Wat veroorsaak dat ‘n persoon sy of haar gewoontes verander?

Hoe vind mense skielik die motivering om gewig te verloor? Jy mag dalk wonder of daar ‘n skakelaar is wat mens in ‘n persoon se kop kan aanskakel om hom te laat besluit om te verander.
Dit blyk dat daar ‘n naam vir hierdie sogenaamde skakelaar is. Dit word die pyndrempel genoem.

Tony Robbins beskryf die oorskryding van die pyndrempel as die uiteindelike motiveerder om verandering te bewerkstellig. Sodra jy soveel pyn aan iets gekoppel het, sal jy alles in jou vermoë doen om dit te verander en jouself tot plesier te laat beweeg.

Die meeste mense wat besluit het om gewig te verloor, het die pyndrempel oorskry, wat verskillende dinge vir verskillende mense kan wees:

  • Michelle het skaam gekry elke keer as sy ‘n verlenging vir haar veiligheidsgordel moes gebruik wanneer sy vlieg. Aangesien haar werk baie van haar vereis om te reis, moes sy dié situasie gereeld verduur.
  • Christiaan was moeg daarvoor om uitasem te wees elke keer as hy die trappe na die boonste verdieping in sy huis moet klim.
  • Gerda kon nie die feit dat sy vir die res van haar lewe chroniese medikasie moes neem om haar bloeddruk onder beheer te hou, verdra nie. Sy wou beheer van haar eie liggaam terugneem.

Baie mense kies om gewig te verloor as gevolg van hul gesin. Om nie lank genoeg te leef om jong kinders te sien grootword nie, of om nie die energie te hê om tydens spesiale geleenthede daar vir die gesin te wees nie, kan ‘n goeie motiveringsbron wees.

Hoe om pyn en plesier te gebruik om verandering te laat gebeur

Die belangrikste vraag om jouself af te vra is:
Wat wil jy werklik hê?

Dink aan wat jou regtig vreugde sal gee en wat jou hartseer maak. Sodra jy dit vasgestel het, skep dan ‘n tipe mag of invloed oor jouself deur pyn te assosieer met die gedagte om nie NOU te verander nie.

Neem aksie

Noudat jy verstaan hoe om jou gedagtes in te stel om gewig te verloor is dit tyd dat jy dit probeer. Bepaal eers wat jou motiveer en wat jou uiteindelik pyn en plesier gee.
Verken verskillende opsies wat vir jou sal werk. Stel vas waarvan jy hou en waarvan jy nie hou nie. Gaan voort en neem daardie eerste stap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *