Hoekom Die 28 Dae Eetplan so Suksesvol Is

Eetplan Idees glo in ‘n holistiese, volhoubare en natuurlike benadering tot gewigsverlies. Die 28 Dae Eetplan bestaan uit regte kos in die regte hoeveelhede met die regte tussenpouses eet, wat jou in staat stel om optimale gewigsverlies te handhaaf.

Jy kan ook gebruik maak van eksterne produkte (bv. dieet tee, koffie, pille of “shakes”) om jou te help solank dit nie inmeng met die struktuur van die plan nie. Maar met alle eerlikheid is dit regtig nie nodig nie.

Het jy al agtergekom dat met elke een van hierdie tipe produkte word daar aanbeveel dat dit saam met ‘n gesonde dieet gebruik moet word? Die rede is dat die dieet die meeste van die werk doen – en die realiteit is dat die pille sonder ‘n gesonde dieet jou eintlik nie veel baat nie.

Met Die 28 Dae Eetplan word dit glad nie benodig nie. Mediese navorsing toon dat hierdie tipe produkte meer nadele as voordele inhou, en dat die beste manier om gewig te verloor is deur die handhawing van ‘n gesonde leefstyl.

En watter keuse is beter as Die 28 Dae Eetplan Leefstyl?

Wat is Die 28 Dae Eetplan?

Die 28 Dae Eetplan is ‘n gewigsverlies program wat spesifiek bedoel is om persone te help om gewig te verloor en die nodige leefstylveranderinge te leer om hul doelgewig te handhaaf.

​Hoe meer gewig jy het om te verloor, hoe vinniger sal jy gewig verloor.

​Dit is ‘n baie praktiese eetplan wat bestaan uit al die kossoorte wat ons oor die algemeen in ons kombuise aanhou – niks vreemd of uitheems nie.

Hoe werk dit?

Die eetplan bestaan uit ‘n voorafbepaalde spyskaart vir 3 maaltye ‘n dag, vir 28 dae.

Jy kan op enige dag begin (nie noodwendig die 1ste dag van die maand, of ‘n Maandag nie), solank jy die plan van Dag 1 tot 28 in die korrekte volgorde volg.

  • Die eerste week is die moeilikste, aangesien dit die detoks fase is waar-tydens jou liggaam van al die gifstowwe ontslae raak en aanpas by jou nuwe eetgewoontes.
  • Jy kan die 28 dae herhaal vir soveel keer as wat nodig is om jou doelgewig te bereik.
  • Jy kan ‘n breuk neem tussen rondtes, of jy kan die rondtes agtereenvolgend voltooi.
  • Dit is beter om nie ‘n breuk tussen rondtes te neem voor jy nie jou doelgewig bereik het nie, aangesien dit dan baie moeiliker sal wees om weer te begin as jou breuk te lank was.
  • As jy wel ‘n breuk wil/moet neem, word ‘n breuk van 1 tot 3 dae aanbeveel voor die aanvangs van jou volgende rondte.

Vir wie is dit?

Identifiseer, verstaan en glo in jou hoekom. Besluit op ‘n rede, of ‘n paar redes,  waarom jy die eetplan volg.  Skryf dit neer en plak dit teen jou spieël of maak ‘n notatjie op jou selfoon  waarna jy gereeld kan loer.​

  • Die eetplan is spesifiek bedoel vir oorgewig en vetsugtige persone wie sukkel om gewig te verloor.
  • Voor jy enige nuwe dieet aanpak moet jy jou dokter raadpleeg om te bevestig of die plan geskik is vir jou, veral as jy enige mediese toestande het en/of enige medikasie neem.
  • Jou dokter sal adviseer of hierdie plan dienstig is tot jou toestand.
  • Omdat hierdie eetplan so opgestel is om jou bloeddruk te laat daal, moet diegene met lae bloeddruk hierdie plan met voorsorg aandurf.
  • Die plan is nie geskik vir diegene wie swanger is of borsvoed nie.

Hoe verloor ek gewig?

Die fundamentele manier waarop die liggaam vet verbrand is om ‘n kalorie tekort te skep: Jy eet minder kos as waaraan jou liggaam gewoond is en forseer sodoende jou liggaam om die nodige energie te verkry deur die vet reserwes te verbrand.

Die sukses van die plan berus op die volgende 3 belangrike beginsels van gewigsverlies. As jy buite die raamwerk van hierdie beginsels beweeg om gewigsverlies te handhaaf, kan dit wat jy volg nie meer geklassifiseer word as Die 28 Dae Eetplan nie.

Navorsers, dokters, dieetkundiges en voedselkenners regoor die wêreld beaam en ondersteun die idee dat ‘n gesonde dieet die enkele beste ding is om gewig te verloor, gewig af te hou, bloeddruk te verlaag en toestande soos diabetes tipe 2 om te keer.

Ongeveer 5 ure tussen maaltye

Die eetplan bestaan uit 3 maaltye per dag met geen peuselhappies tussen maaltye nie. Dit gee jou liggaam die geleentheid om jou reserwe energiebronne (m.a.w. oortollige vet) te verbrand om energie te verkry.

Dit veroorsaak ook die optimale werking van jou metabolisme en organe wat betrokke is by die spysverteringsproses, aangesien hierdie organe nie konstant besig is om voedsel te verwerk en gifstowwe af te breek nie.

Kleiner Porsies

Die waarheid is dat die meeste van ons oorgewig is omdat ons te veel het, te gereeld eet, vir verkeerde redes eet of al die voorafgaande.

Een van die belangrikste beginsels is die sny van porsies sodat ons slegs inneem wat ons liggaam benodig om te funksioneer – niks meer nie.

Geen suiker, vet of ongesonde koolhidrate

Hoe hierdie eetplan van ander diëte verskil is dat die plan geen voedselgroep uitsluit nie. Dit bevat ‘n bietjie van alle voedselgroepe (koolhidrate, groente, vrugte, proteïene, suiwelprodukte en vette) in die korrekte hoeveelheid en vir optimale gesondheid.

Onnatuurlike suikers, ongesonde vette en ‘n oormaat koolhidrate is 3 van die hoof sondebokke wat tot vetsug bydra.

Lees meer oor die voordele van Die 28 Dae Eetplan

8 Comments

  1. How do I join the programme

    1. You can get the plan in one of the 4 ways mentioned on the homepage and start whenever you’re ready!

  2. how do i know what cereal is allowed and also what portion size?

    1. Hi Michelle, all the portion sizes, allowed foods, tips, rules etc. about the diet is available in the Beginners Guide (ENG) or Beginnersgids (AFR), available by clicking HERE.

  3. Good day
    Is this plan available in Afrikaans?

  4. It worked wonders for me. I never thought that i would loose such significant weight after years and years of struggling. I tried everything from weight loss tablets, banting and countless weight loss diets, but with no success. I discovered an amazing plan with 28 day diet and would definitely recommend it to any one who really want to loose weight. I have lost 8kg in 28 days and I took it only once and im still three months on my same weight.

    1. Hi Elsie, well done on your amazing results! We would love to publish your story to the website for to inspire others. If you are keen, please submit your story at https://forms.gle/8pA4GFwKTXyEfcSWA

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *