|

Water in, Kilos uit

Een van die grootste foute wat diegene op hierdie en ander eetplanne doen is om nie genoeg water te drink nie.

Almal weet dat water goed is vir algehele gesondheid, maar in hierdie artikel verskaf ons die redes waarom water absoluut verpligtend is vir gewigsverlies.

1. Op molekulêre vlak is ons liggaam 70-85% water As ons ‘n enkele menslike sel bestudeer sal ons sien dat dit ‘n molekulêre struktuur is wat bestaan uit 70-85% water. Water is die primêre komponent van bloed. Water vervoer suurstof deur die liggaam en is die mees noodsaaklike voedingstof vir alle liggaamlike funksies.

2. Water beïnvloed vet metabolisme in die lewer Wat gewigsverlies betref, is die belangrikste orgaan in die liggaam beslis die lewer. Dit is die orgaan waar vet metabolisme plaasvind. Die sleutelfunksie van die lewer is om gifstowwe en metaboliese afval uit die liggaam te verwyder. En die een voedingstof wat hierdie verwydering van gifstowwe doen is water. Dink aan jou lewer as een groot filter vir jou liggaam. As jy nie genoeg water drink nie, kan jou lewer nie die optimale aantal vetverbranding en verwydering doen nie, dus sal jy nie vinnig genoeg gewig verloor nie.

3. Water is noodsaaklik vir behoorlike spysvertering Jy benodig ‘n funskionerende spysverteringstelsel om effektief vet te verbrand. ‘n Gesonde spysverteringstelsel is een wat goed gehidreer is. Water is nodig om die spysverteringskanaal te reinig en metaboliese afval te verwyder.

4. Die verbinding tussen water en hormonale balanse Dit is belangrik om te verstaan dat jou hormone grotendeels gewigsverlies beheer en dat hormonale balanse deur voedselkeuses en hidrasie beïnvloed word. As jy nie genoeg water drink nie, stel jy jou orgaanfunksionering in gevaar. Dit veroorsaak dan ‘n domino-effek wat hormonale balanse wat vet oksidasie beheer, negatief beïnvloed.

5. Die verband tussen suurstof en vet oksidasie Suurstof is een van die komponente van water. Vir vet oksidasie/vetverbranding om plaas te vind, moet suurstof betrokke wees. Hoe beter jou liggaam in staat is om suurstof na jou selle te vervoer, hoe meer suksesvol sal jy wees om vet te verbrand. En die beste manier om suurstof na jou liggaamselle te vervoer is deur water.

Van die bogenoemde lys is dit duidelik dat die rol van water in die gewigsverliesproses baie diep gegrond is op elke vlak van metaboliese werking en alle interne prosesse.

Alhoewel 8 glase water per dag voorgeskryf word vir algehele gesondheid, is dit nie genoeg as jy gewig wil verloor nie. Hoe meer liggaamsmassa jy het, hoe meer water moet jy drink.

Hier is ‘n paar maniere om te verseker dat jy minstens 8-10 glase water per dag inkry:

  • Drink ‘n glas water voor elke maaltyd. Dit sal jou ook help om voller te voel op die dae wanneer jou dieet bakkie ‘n bietjie min voel.
  • Probeer om elke dag ‘n beker “Flat Tummy Water” of “Apple Cinnamon Water” te drink. Dit sal help om vet te verbrand en gee ook ‘n lekkerder smaak aan jou water.
  • Drink ‘n glas water op jou nugter maag soggens en saans voor jy gaan slaap. Dit sal jou liggaam se metabolisme aanhelp en so kan jy ook 2 glase van jou daaglikse waterinname aftrek.
  • Probeer lou-warm water met suurlemoen drink wanneer jy moeg word vir die smaak van gewone water.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *