Marmite – Maar My!

Die meeste van ons gril ons morsdood wanneer dit kom by die “Sop, Roosterbrood en Marmite” dae op Die 28 Dae Dieet.

Of jy nou daarvan hou of nie, is Marmite eintlik baie goed vir jou gesondheid; dus die rede waarom dit op die plan ingesluit is. Hier lys ons ‘n paar van die voordele.

1. Dit kan jou beter laat slaap

Die mineraal wat in oorvloed in Marmite voorkom, magnesium, kan jou help om beter te slaap omdat dit die liggaam se senuwees kalmeer en sodoende die spiere laat ontspan en slaap verbeter.

2. Dit kan help om demensie te voorkom

Volgens ‘n onlangse Amerikaanse studie verhoog die hoë konsentrasie van Vitamien B12 in diè gis uittreksel die chemiese vlakke in die brein wat mens teen neurologiese versteurings beskerm. Deelnemers aan die studie het ‘n teelepel Marmite daagliks geëet en het verhoogde vlakke van die neurotransmitter, GABA, getoon wat die effekte van angstigheid verminder.

3. Dit is so gesond soos vitamien aanvullings

Marmite bevat ‘n verskeidenheid B vitamiene (nie net B3 nie) – soveel so dat dit die duur vitamien B aanvullings heeltemal kan vervang. Hierdie vitamiene is belangrik vir oog en vel gesondheid, sowel as om jou senuweestelsel te beskerm en te help om die energie van voedsel af te breek. Alle B vitamiene is oplosbaar in water en word nie deur die liggaam gestoor nie, dus benodig jy ‘n daaglikse dosis.

4. Dit kan help om jou hart gesond te hou

Die hoë vitamien B1 inhoud in Marmite kan hoogs voordelig wees vir die voorkoming van kardiovaskulêre siektes, veral vir diabete.

5. Dit hou vegetariërs aan die lewe

Vitamien B12 is noodsaaklik om ‘n gesonde senuweestelsel te handhaaf, maar dit kom nie in plante voor nie. Dit is ‘n probleem vir diegene wie nie enige diere produkte, wat natuurlik hierdie vitamien bevat, eet nie. Deur Marmite te eet kan vegetariërs steeds hierdie vitamien in hul dieet insluit.

6. Dit kan wingerdgriep behandel

Aangesien alkohol die liggaam se B vitamiene vernietig, kan ‘n teelepel Marmite op roosterbrood help om jou liggaam te herstel.

7. Dit kan bakteriële infeksies vernietig

Die niasien wat veelvuldig in Marmite teenwoordig is kan help om antibiotika-weerstandige bakterieë soos MRSA te beveg. Studies bewys dat niasien die immuunsisteem se vermoë om verskillende tipes staphylococcus bakterieë te beveg met 1000 keer verhoog.

8. Dit help om gesonde babas te maak

Marmite se hoë foliensuur inhoud is voordelig vir swanger mammas en diegene wat hoop om swanger te raak aangesien dit help om geboorte defekte soos spina bifida te voorkom.

Op die 28 dae dieet gebruik ons dit ook vir onmiddellike verligting van duiseligheid of naarheid wat deur lae bloeddruk en detoks veroorsaak word.

Wenk: As jy nie die smaak van Marmite op jou roosterbrood kan trotseer nie, roer gerus die Marmite in jou sop en eet jou roosterbrood net so. Soos hierbo genoem is dit belangrik om Marmite in jou dieet in te hê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *