|

5 Voordele van Groen Tee

Tee word nou al vir baie eeue gekweek en is vandag die tweede mees populêre drankie ter wêreld – die eerste een is water.

Hierdie artikel lys die verskeie gesondheidsvoordele verbonde aan die daaglikse inname van groen tee.

1. Verlaag bloedsuiker vlakke

Sowat 400 miljoen mense wêreldwyd lei aan Tipe 2 Diabetes en navorsers beraam dat hierdie getal aanhou vermeerder as gevolg van stres, ongesonde eetgewoontes en gebrek aan oefening.

Groen tee help om hierdie slegte leefstyl keuses teen te werk deur die verlaging van bloedsuiker. Navorsing in ‘n Japanese studie toon dat diegene wie daagliks groen tee inneem 42% minder geneig is daartoe om Tipe 2 Diabetes te ontwikkel.

2. Bevorder goeie spysvertering

Die inflammatoriese eienskap van groen tee help om die simptome van spysverteringsprobleme wat verwant is aan inflammasie, byvoorbeeld Inflammatoriese Dermsiekte, ulseratiewe kolitis en Crohn se siekte, te verlig.

3. Verlaag cholesterol

Hoë cholesterol vlakke dra grotendeels by tot die ontwikkeling van hartsiektes en beroertes. Die antioksidante in groen tee verhoed dat slegte cholesterol deur die derms geabsorbeer word, en verhoog goeie cholesterol vlakke aansienlik.

4. Bevorder lewer gesondheid

Die inname van groen tee kan die newe effekte wat alkohol op die lewer het, teenwerk. Dit dien ook as bekerming teen die vorming van gewasse in die lewer.

5. Help met gewigsverlies

Uiteindelik, die enigste punt waarin ons regtig belang stel! Groen tee bevorder metabolisme en help sodoende om vet te verbrand. Studies toon dat groen tee gekombineer met kafeïen gewigverlies in matig vetsugtige en oorgewig persone aansienlik versnel.
Groen tee help ook om die hormoon te verhoog wat die gevoel van volheid bevorder.

Op Die 28 Dae Dieet word vyf koppies groen tee per dag toegelaat en aanbeveel.

2 Comments

  1. Mariana Somers says:

    Hi, asb help ek is op soek na die 38dae dieet plan, maar iewers kyk ek dit mis. Kan iemand my help om dit weer te kry ASB.

    Mariaan

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *