Vegetariërs en Die 28 Dae Eetplan

Terwyl alle vegetariërs vleis uitsluit, eet sommige diereprodukte soos melk en eiers – en ander nie.

Meer en meer persone regoor die wêreld neem die besluit om ‘n plantgebaseerde eet- en leefwyse te volg. Hierdie besluit word gemaak vir verskeie redes en persoonlike voorkeure, insluitend:

  • Om ‘n fisies gesonder liggaam te handhaaf.
  • Om die druk op die aarde se beperkte dierelewe te verlig.
  • Vir geestelike en/of geloofsredes.

In Suid-Afrika is daar 3 hoof tipes Vegetariese benaderinge:

  1. Peskatarianisme

Hierdie persone eet geen vleis of pluimvee nie, maar eet wel vis. Hulle sny nog steeds rooivleis, varkvleis, hoender, ens. uit hul dieet terwyl hul andersins ‘n vegetariese leefstyl volg , maar sny nie vis en ander seekos uit nie.

  1. Lakto-ovo Vegetarisme

As die meeste mense aan vegetariërs dink, dink hulle aan lakto-ovo-vegetariërs. Hierdie persone eet nie beesvleis, varkvleis, pluimvee, vis, skulpvis of diervleis van enige aard nie, maar eet wel eiers en suiwelprodukte.

Die woord “lakto” kom van die Latynse woord vir melk en “ovo” is afkomstig van die Latynse woord vir eier. Lakto-ovo-vegetariërs is die algemeenste soort vegetariërs.

  1. Veganisme

Hierdie persone volg ‘n streng plantgebaseerde dieet en neem geen diereprodukte in nie. Hulle eet geen vleis, eiers, suiwelprodukte (kaas, joghurt, botter), olies of versnaperinge wat op enige manier afkomstig is van diere nie.

Anders as wat ‘n onwetende persoon mag dink, is hierdie tipe dieet nie so beperkend as wat dit voorkom nie. Daar is veral deesdae ongelooflik baie produkte op die mark wat as plaasvervangers of alternatiewe kossoorte tot die algemene diereprodukte dien, van Vegan kaas tot Vegan vleis.

Een van die uitdagings van hierdie tipe leefstyl is ‘n verhoog die risiko van tekorte aan vitamien B12 en D, proteïene en omega-3 vetsure, wat algemeen deur nie-vegetariërs verkry word deur die inname van dierlike produkte.

Volgens ‘n artikel in die American Journal of Clinical Nutrition, word vegetariërs en veganiste aangeraai om aanvullings te neem om yster tekorte en lae been-mineraaldigtheid te voorkom.

Die 28 Dae Eetplan kan beslis ook gevolg kan word deur vegetariërs, mits die nodige aanpassings op sekere plekke gemaak word. Lakto-ovo vegetariërs hoef die minste aanpassings te maak.

In die amptelike resepteboek, Eet & Geniet, is daar vele resepte wat vegetariërs ook kan benut. Sien die foto aan die regterkant om ‘n uiteensetting van die resepte in die resepteboek te sien.

Volg jy ‘n plantgebaseerde dieet? Watter een volg jy? Deel gerus jou kommentare onder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *