Jong mamma verloor 38kg: ‘n Motiverende Verhaal

Hierdie 27jarige mamma het gewig verloor deur alles wat sy eet te dokumenteer.

Toe sy begin het, het sy 95kg geweeg. Sy het dit gehaat om uit te gaan en gevoel dat haar man haar nie aantreklik vind nie. Haar vrees was dat haar seuntjie hom sal skaam vir sy ma wanneer hy ouer word. Elke keer as sy moes uitgaan, het sy ure lank getob oor wat sy moes aantrek omdat niks haar goed gepas het nie.

Eendag toe sy na foto’s van haarself saam met haar seuntjie kyk, het sy tot ‘n groot besef gekom: Daar was nie een waarvan sy gehou het nie.

“Ek het soos ‘n vet, sweterige mislukking gelyk. En die wete dat dit die foto’s is waarop my seuntjie sou terugkyk, het my skaam laat voel”, vertel sy.

Sy het die volgende dag begin. Om haarself gemotiveer en op koers te hou het sy alles wat sy geëet het afgeneem. Dit het haar gehelp om haarself aanspreeklik te hou vir haar dieet.

Baie keer as sy in die versoeking gekom het om van die dieet af te wyk, het sy teruggekyk na hoe ver sy gekom het en eerder iets gesond geëet. En dit het gewerk.

Jy kan ook vir jouself ‘n kosdagboek hou deur foto’s te neem van wat jy eet, dit alles in ‘n app aan te teken of dit uit te skryf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *