Sanger Adele spog met nuwe lyf na asemrowende gewigsverlies

Adele het haar nuwe lyf vertoon terwyl sy saam met Harry Styles en James Corden in Anguilla op vakansie was.


Die 31-jarige het ‘n totale transformasie ondergaan en volgens berigte 50 pond (ongeveer 22kg) verloor.
Foto’s van die 31-jarige en haar vietse lyfie het vinnig op sosiale media gesirkuleer en oorweldigende lof van aanhangers ontvang.
Adele het ‘n ontspannende dag op die strand geniet terwyl sy in ‘n vleiende, kort swart rok in die sand gespeel het.


Die 31-jarige het ‘n totale transformasie ondergaan en volgens berigte 50 pond (ongeveer 22kg) verloor.
Foto’s van die 31-jarige en haar vietse lyfie het vinnig op sosiale media gesirkuleer en oorweldigende lof van aanhangers ontvang.
Adele het ‘n ontspannende dag op die strand geniet terwyl sy in ‘n vleiende, kort swart rok in die sand gespeel het.


“Om geprosesseerde kosse, suiker en gaskoeldrank op te gee sal mense se liggame verander.”

Camila Goodis, persoonlike afrigter

The Sun berig dat Adele op die Sirtfood-dieet was, ‘n dieet wat fokus op kossoorte wat sekere proteïene wat metabolisme en inflammasie reguleer, in die liggaam verhoog .

“Adele het nie baie van oefening gehou nie, maar sy het haar leefstyl verander en ek glo dat 90 persent van haar transformasie toegeskryf kan word aan ‘n goeie dieet”, het Camila Goodis, persoonlike afrigter vir beroemdes in Hollywood, gesê.

“Om geprosesseerde kosse, suiker en gaskoeldrank op te gee sal mense se liggame verander”, voeg sy by.

Adele spog met haar nuwe lyf

Volgens ‘n bron naby aan Adele wil sy regtig gesond wees en ‘n goeie voorbeeld vir haar 7-jarige seun, Angelo, wees. Sy is meer ingestel daarop om goed te voel en op die gesondheidsvoordele as bloot net op die gewigsverlies.



Wat dink jy van Adele se transformasie? Hou jy van haar nuwe lyf of verkies jy hoe sy voorheen gelyk het? Vertel ons in die kommentare!

5 Comments

  1. SONJA VAN GREUNEN says:

    Ongelooflik, wil ook soveel verloor, nuwe vietse lyfie op 50

    1. Eetplan Idees says:

      Dit is definitief moontlik – nooit te laat om te begin nie!

  2. Wow sy lyk stunning, net ‘n jammerte nie almal Kan bekostig om so te eet nie.

  3. benita nell says:

    hoeveel tee kan mens op n dag drink

    1. Eetplan Idees says:

      2 Koppies tee word toegelaat per dag. Kliek gerus hier vir die volledige lys van toelaatbare drankies per dag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *