64kg Ligter en gelukkiger as ooit!

Sy wou nie enige pille gebruik of ‘n kortpad vat om die kilogramme af te skud nie; en het toe haar hele leefstyl verander.

“Ek weet dit is moeilik, en ek weet dit gaan baie harde werk kos, maar ek kan jou belowe dat die langtermyn resultate elke druppel sweet en kwellende minuut werd is.”

Hierdie is die advies van Desiree Hunt, wat haar gewigsverliesreis begin het na ‘n besoek aan haar tuisdorp, waartydens sy tot die skokwekkende besef gekom het dat sy amper twee vliegtuigsitplekke benodig.

Besoek

Waar besoeke aan haar tuisdorp gewoonlik gevul was deur plesierige kuiers met ou vriende, was hierdie besoek anders. As gevolg van haar gewig, toé 125kg, het sy haar vriende soos die plaag vermy. Sy was skaam oor die gewig wat sy opgetel het in die sewe jaar sedert haar vorige besoek; sy was baie ongelukkig met haarself en haar liggaam.

Draaipunt

Dis toe dat sy besluit het genoeg is genoeg. Sy het begin navorsing doen oor gesonde, natuurlike maniere om gewig te verloor. Sy wou nie enige pille gebruik of ‘n kortpad vat om die kilogramme af te skud nie; en het toe haar hele leefstyl verander deur alle stysel, geprosesseerde suiker, olierige kosse, wegneemetes, gaskoeldrank en lekkernye uit te sny.

Vrugte, groente en gesonde proteïene het toe haar stapelvoedsel geword. Haar hele lewe het verander.

Advies

Sy het 64kg verloor en is nou baie gelukkiger in haar vel en so trots op haar prestasie. Dit was geensins maklik nie, maar Desiree (oorspronklik van Kanada) het een reël gebruik wanneer sy haar inkopies gedoen het. Sy verduidelik, “Wanneer jy inkopies doen, kan jy die binnekant van die kruidenierswinkel amper heeltemal vermy! Byna al die vars bestanddele is aan die buitekant.

Die binneste gange is waar die geboksde en geblikte kosse leef, en dit is presies wat jy moet vermy. Hou by bestanddele wat nie bymiddels bevat nie; daar is soveel verborge suikers, vette en stysel in die geprosesseerde produkte.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *