|

Gewigsverlies en Menopouse

Gewigstoename en menopouse gaan dikwels hand aan hand. Volgens wetenskaplike studies is omtrent 30% van vroue tussen 50 en 59 nie net oorgewig nie, maar vetsugtig. 

Die rede hoekom baie vrouens gewig begin optel na menopouse, is as gevolg van ‘n verskeidenheid faktore verwant aan hormone en veroudering.

1. Die impak van estrogeen

Menopouse word gekenmerk deur ‘n verlaging van die hormoon estrogeen. Dit veroorsaak dan dat jou metabolisme afneem en dat jou liggaam stysel en bloedsuiker minder effektief gebruik, wat dan lei tot ‘n toename in die verberging van vet.

2. Verminderde oefening

Hoe ouer ons word, hoe minder geneig is on om te oefen of op ander maniere aktief te bly. Hierdie is ‘n groot bydrae tot gewigstoename.

3. Verlies van spiermassa

‘n Verdere effek van veroudering is dat ons liggame meer en meer spiermassa verloor, wat dan veroorsaak dat metabolisme afneem en gewig toeneem.

4. Verlaagde verhouding van energieverbruik gedurende oefening

Soos jy ouer word, benodig jy meer en meer insette (soos tyd en intensiteit) gedurende oefening as in die verlede, om dieselfde vlak van energieverbranding te bereik as voorheen. 

Hoe kan jy hierdie uitdaging gedurende jou oorgangsjare oorkom? Daar is verskeie maniere om jou gewig onder beheer te hou, insluitende:

• Matige, maar gereelde oefening soos stap, draf, “aerobics” of gewig-optel om spiermassa te bou.

• Eet meer kossoorte wat hoog is in vesel om jou metabolisme aan die gang te hou.

• Sny alle onnatuurlike suiker. Hierdie is ‘n algemene probleem vir vroue van alle ouderdomme. Maar die waarheid is, as jy jou gewig wil beheer, moet jy beslis die soetigheid (koekies, sjokolade, gaskoeldranke ens.) uitsny. Eet gesonde peuselhappies soos vrugtestafies, neute, joghurt ens., in plaas van soetgoed.

• Drink baie water. Soos ‘n mens ouer word, dehidreer jy vinniger. Skep ‘n daaglikse roetine vir water drink om te verseker dat jy tussen 8 en 10 glase water per dag inneem.

• Kry genoeg slaap. Om laat saans wakker te bly verhoog die afskeiding van “ghrelin”, ‘n ensiem wat deur die maagvoeringselle geproduseer word wat eetlus stimuleer.

Die beste manier om egter jou gewig onder beheer te hou gedurende menopouse is natuurlik met Die 28 Dae Dieet.

Dit verhoog jou metabolisme, sny alle onnatuurlike suikers uit, gee jou meer energie, help met die balansering van jou hormoonvlakke, verlaag jou bloeddruk, beheer cholesterol vlakke, bloedsuikervlakke EN, as ‘n bonus: Dit help jou om weer jou dertig jarige liggaam terug te kry!

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *