8 Natuurlike maniere om verkoue en griep hok te slaan

Selfs vir diegene met die sterkste immuunstelsels bly winter die tyd van die jaar wanneer die meeste van ons deurloop onder die gruwel van griep en verkoue.

Selfs vir diegene met die sterkste immuunstelsels bly winter die tyd van die jaar wanneer die meeste van ons deurloop onder die gruwel van griep en verkoue.

Ongeag die feit dat daar geen geneesmiddel vir die influensa virus (oftewel griep) of algemene verkoue is nie, is daar sekere natuurlike maatstawwe wat jy kan neem om die lewensduur van die virus te verkort en die simptome te verlig.

1.Drink baie vloeistof

Dit is van kardinale belang om jou vloeistofinname te verhoog wanneer jy griep of verkoue het. Die vloeistof verseker dat jy die verkoue uit jou sisteem spoel; en speel ook ‘n belangrike rol by die afbreek van neusverstoppings en om jou keel vogtig te hou.

2. Verhoog die inname van vitamien C

Hoe sterker jou immuunsisteem is, hoe vinniger en meer effektief sal dit wees om ontslae te raak van die simptome van griep en verkoue. Vitamien C is die hoofbestanddeel wat verantwoordelik is vir die optimale werking van jou immuunstelsel.

Eet baie sitrusvrugte soos lemoen, pomelo, nartjie en suurlemoen; asook groente met ‘n hoë vitamien C inhoud soos Brusselse spruitjies, broccoli, spinasie en geel soetrissies.

3. Rus en vermy strawwe fisiese aktiwiteite

Wanneer jou liggaam genoegsame rus kry bevry dit al jou liggaamlike funksies en energie om te fokus op genesing. Los die wasgoed, gebruik jou siekverlof of stel die tuinmaak uit tot jy beter voel. Hoe gereeld kry jy ‘n goeie verskoning nodig om niks te doen nie?

4. Kry genoeg slaap

Om te rus en/of rustig te verkeer is nie dieselfde as om te slaap nie. Maak seker jy kry kwaliteit-slaap van minstens 8 ure per nag, asook ‘n middagslapie of twee indien dit moontlik is. Wanneer jy slaap kry jou liggaam genoegsame tyd om beter te word en om die verspreiding van infeksie te bekamp.

5. Weet wanneer om te oefen

Matige oefening kan goed wees vir die verligting van griep en verkoue. Dit kan help om slym los te maak, bloedsomloop te verbeter en om suurstof deur die liggaam te vervoer.

Soms kan dit egter gevaarlik wees om te oefen wanneer jy griep het. Gebruik hierdie riglyne om vas te stel of jy moet gym toe gaan, of eerder bed toe gaan:

Oefening is veilig wanneer jou simptome voorkom vanaf en bo jou nek, byvoorbeeld:

  • Keelseer
  • Nies
  • Loopneus
  • Waterige oë

Oefening moet liefs vermy word wanneer simptome in die areas onder jou nek voorkom,
byvoorbeeld:

  • Hoë koors
  • Tamheid/moegheid
  • Hoes
  • Naarheid
  • Diarree
  • Spierpyn
  • Verstopte/stywe borskas
  • Kouekoors

6. Die gawe van gemmer

Gemmer bevat baie vitamiene en minerale wat help om kouekoors en hoë koors te voorkom. Die strelende eienskap van gemmer is ook voordelig vir die verligting van ‘n slegte hoes of ‘n seer keel.

Drink 2 or 3 koppies gemmer tee daagliks wanneer jy grieperig is. Die inflammatoriese funksie van gemmer help ook om hoofpyn te bestry wat verkoue so dikwels vergesel.

7. Vars lug en vitamien D

Vitamien D is noodsaaklik vir die regulering van immuunrespons ter bevegting van siektes. Maak seker jy absorbeer die winterson soveel as moontlik, om jou vlakke van vitamien D op ‘n natuurlike manier te verhoog.

Die vars lug sal jou ook goed doen en ‘n emosionele hupstoot gee!

8. Sop

Daar is ‘n rede waarom sop die eerste aanbeveling vir enige siek persoon is. Dit is die ideale manier om jou vloeistofinname te verhoog, dehidrasie te bekamp en voedingstowwe in te neem sonder om te veel stremming op ‘n seer keel te plaas.

Plus, jy kan jou sop propvol gesonde en voedingsryke bestanddele soos knoffel, kaneel, borrie en rissies vul.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *