|

Ek eet nie xxx nie: 3 strategieë om smaakvoorkeure te oorkom

Terwyl dit jou absolute reg is om kieskeurig te wees oor die items op jou bord, kan dit problematies wees as daardie einste items ‘n vereiste deel van jou dieetspyskaart is.

Een van die wonderlikste dinge oor kos is dat daar so ‘n groot verskeidenheid voedselsoorte beskikbaar is vir menslike verbruik. Soveel so, dat dit natuurlik is dat die meeste van ons ons eie smaakvoorkeure ontwikkel het.

Die 28 Dae Eetplan, soos baie ander gesondheidsplanne, het ook sy deel aan kossoorte wat teen die smaakvoorkeure van party individue spreek.

Hierdie is slegs ‘n paar van die vrae wat gereeld deur individue gevra word. Jy mag selfs ook oor dieselfde kwessies wonder terwyl jy hier lees.

Die kort antwoord op die vraag, “Ek Eet Nie xxx Nie – Wat Nou?” is: “Maak Jou Oë Toe en Sluk.”

Die lang antwoord het ‘n paar fasette wat ons graag hier wil verduidelik:

  1. Verandering

Die bekende Engelse aanhaling lui, “If You Want Different Results, You Have to Try Different Approaches.”

Die rede waarom jy kies om Die 28 Dae Eetplan, of enige ander dieet, te volg is sodat jy gewig kan verloor, meer gesond kan wees, jou bloeddruk kan verlaag, jou vrugbaarheid bevorder ens. Hoe dit ook al sy, jy doen dit sodat jy VERANDERING aan jou huidige liggaam wil bring.

Gebruik dit as jou motivering wanneer jy die volgende keer iets moet eet waarvan jy nie hou nie. Herinner jouself met elke happie dat jy aktief en spesifiek die besluit neem om jou lewe te verander.

2. Geheim

Die geheim van Die 28 Dae Eetplan lê juis in die kombinasie van die spesifieke kossoorte, op die spesifieke dae, in die spesifieke volgorde.

As jy die asemrowende resultate wil hê wat duisende ander op die plan bereik het, is dit in jou beste belang om die plan presies volgens die spyskaart te volg.

3. Selfbeheersing

Een van die hoogste vorme van selfbeheer en die ontwikkeling van uiterse selfdissipline is om te beheer wat, wanneer en hoeveel jy eet.

Om te eet is, vir die meeste mense, een van die aktiwiteite wat die minste gereguleer word en wat die maklikste is om uit te oefen. Wat belangrik is om te onthou is dat JY in beheer is van die kos – nie die kos oor jou nie.

Volgende keer as jy jouself dood gril vir die tekstuur van tamatiesmoor of die smaak van sampioene, onthou dat JY in beheer is. Bemeester die kuns van selfbeheersing.

Het jy smaakvoorkeure wat moeilik is om te laat staan? Deel jou insette in die kommentare!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *