Hoe Die 28 Dae Dieet Vrugbaarheid Bevorder

Jy hoor gereeld die stories: Vrouens wat vir jare lank sukkel met vrugbaarheid word swanger binne die eerste twee weke van Die 28 Dae Dieet. Selfs vrouens wat nie bedoel om swanger te raak nie, en nie die nodige voorsorg tref nie, word so maklik swanger op die dieet. Hoekom gebeur dit?

Soos almal reeds weet, lê die geheim van swangerskap in die volg van ‘n gesonde, gebalanseerde dieet. Kenners meen dat vrouens of paartjies wat probeer om swanger te raak, die volgende riglyne ten opsigte van hul eetgewoontes moet volg.

Vrugte en Groente

Maak seker die helfte van jou bord bestaan uit vars vrugte of groente.

Vette

Geniet gesonde, plantgebaseerde vette in matigheid. Goeie vette bevorder ovulasie en algemene vrugbaarheid. Slegte vette (gevind in soetgoed, wegneemetes, sekere margarine ens.) verhoog insulienweerstandigheid, wat lei tot metaboliese wanbalanse en ovulatoriese siektes by vroue.

Proteïene

Proteïne, yster en sink vorm belangrike boustene vir ‘n gesonde swangerskap. Om te voorkom dat jy ekstra kilogramme optel, verkry jou proteïne vanaf hoender en vis; en beperk jou rooivleisinname.

Suiwel

Een of twee porsies volvet suiwelprodukte word aanbeveel vir ‘n daaglikse gesonde aantal suiwel. Studies bewys dat laevet suiwelprodukte die vrugbaarheid van vrouens nadelig beïnvloed.

Party kenners beveel aan dat vrouens wat hoë vlakke van onvrugbaarheid ervaar, suiwel tydelik uit hul dieet sny – mits hulle hul kalsium vanaf ‘n ander bron verkry.

Deur die volg van Die 28 Dae Dieet word hierdie riglyne outomaties gevolg. Maar daar is een hoofrede waarom hierdie dieet die spreekwoordelike ooievaar nader roep; en dit is die beperking van koolhidrate.

Deur jou inname van koolhidrate te beperk, word jou kanse om swanger te raak aansienlik verhoog. ‘n Hoë inname van koolhidrate beskadig spermselle, affekteer die kwaliteit van ‘n vrou se eierselle en maak haar baarmoeder minder ontvanklik vir inplantasie.

Die kern van hierdie beginsel is dat Die 28 Dae Dieet geprosesseerde koolhidrate soos rys, koek, lekkernye, gaskoeldrank en onnatuurlike suikers heeltemal uitsny. Die dieet bevat ‘n verskeidenheid goeie koolhidrate soos dié wat natuurlik voorkom in vrugte, groente en volgraan word stadig verteer en het dus ‘n meer geleidelike effek op bloedsuiker- en insulienvlakke. Dit beteken dat dit nie dieselfde negatiewe effekte van ongesonde koolhidrate op jou vermoë om swanger te word het nie.

Vrugbaarheidskenners meen dat die beperking van koolhidrate ‘n vrou se kanse op bevrugting tot 5 keer verhoog.

Het jy swanger geword op Die 28 Dae Dieet? Probeer jy swanger raak? Deel gerus jou storie in die kommentaar area onder.

One Comment

  1. Hello!!
    Ek het n grooooot gewigs verlies “target” om te bereik van min of meer 30kg. Ek lees so baie sukses stories op hierdie plan en ek begin more!! Ek wil beter lyk en gesonder voel… ek en my ander helfde sukkel al n jaar om swanger te raak 😔 so asb bid saam my dat die ons sal help 💕

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *