Detoksifikasie: Detoks-issie-snaaksie

So jy het die wonderlike besluit geneem om met Die 28 Dae Dieet te begin en was braaf genoeg om jou besluit deur te voer. Jy is opgewonde oor die reis wat voorlê en jy kan nie wag om met jou nuwe lyf te spog nie. En skielik, binne die eerste paar dae, voel jy asof ‘n trein jou getref het. Jy het ‘n hoofpyn wat skrik vir niks, jy voel lighoofdig ongeag hoeveel jy eet of jy is so opgeblaas soos ‘n padda. Wat gaan aan?

Dit is wat bekend staan as detoksifikasie, of ontgifting. Dit is die onttrekkingsimptome wat jou liggaam ervaar wanneer jy jou inname van rou kosse verhoog en geprosesseerde kosse soos suiker en stysel uitsny – soos wat ons op Die 28 Dae Dieet doen.


Simptome van Detoksifikasie

  • Vel uitslag
  • Om opgeblaas te voel
  • Maagpyn
  • Hoofpyn
  • Slapeloosheid
  • Diarree of hardlywigheid
  • Moegheid, lae energie vlakke
  • Toe neus of slym wat soos verkoue voel

Die Proses van Detoksifikasie

Wanneer jy sekere voedselsoorte uitsny of verminder, skei jou liggaam gifstowwe af. Jou liggaam sal dan van hierdie gifstowwe ontslae raak op enige manier wat nodig is; deur jou lewer, stoelgang of deur jou vel. Dit is die rede waarom jy mislik voel – daar is letterlik ‘n klomp “gemors” wat deur jou liggaam beweeg.

Wat presies is dit wat so giftig is en afgeskei moet word?

As jou dieet grotendeels bestaan het uit geprosesseerde kosse is dit moontlik dat baie van hierdie kos in jou liggaam vasgevang kan word, en dus dan giftig begin word. Dit is ook die talle chemikalieë en gifstowwe in die lug, water en ander produkte waarmee ons in die moderne samelewing gebombardeer word, waarvan die liggaam ontslae moet raak.

Voordele

  • Skoner sinusse
  • Gewigsverlies (ja, dis mos hoekom ons dit doen!)
  • Gesonder vel
  • Meer energie
  • Gereelde stoelgang
  • Verstandelike duidelikheid
  • Emosionele stabiliteit / verlaagde depressie

Hoe om die Detoks Fase te Oorkom

Drink baie water

Drink ‘n glas water op jou nugter maag. Drink water voor jy gaan slaap. Drink jou komkommer water. Drink water wanneer jy lus kry om te kroek of iets verkeerd te eet. Dit help om die gifstowwe uit jou liggaam te spoel.

Knip ‘n Uiltjie

As jy te moeg voel om regop te bly, moenie huiwer om ‘n bietjie skuins te lê om jou liggaam se batterye te herlaai nie.

Roer Jou Litte

Beweging is ‘n goeie manier om die gifstowwe vinniger deur jou liggaam te laat beweeg.

Medikasie

As die pyn oorweldigend word, gryp gerus na ‘n Grandpa of Panado om die hoofpyn te beheer. Of neem ‘n lakseermiddel vir die verligting van hardlywigheid.

Onmiddellike verligting

Roer een teelepel Marmite (of sout) in ‘n glas louwarm water vir onmiddellike verligting van naarheid en/of duiseligheid.

Ongeag watter simptome van detoksifikasie jy ervaar en watter maniere jy gebruik om dit te oorkom, die belangrikste is om net deur daardie eerste fase te druk. Na die tweede week op die 28 dae dieet gaan dinge sommer stukke beter!

One Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *