Uiteindelik! 5 dinge waarmee suid-afrikaners Marmite kan vervang

Kom ons wees eerlik. Marmite is waarskynlik die MEES GEHATE voedselsoort op Die 28 Dae Dieet – en sommige sal sê ook oor die hele Suid-Afrika.

Iewers in ‘n klein plattelandse dorpie is daar ‘n ouma wat haar Marmite op haar “cream crackers” geniet. Maar vir die res van die samelewing is hier nou uiteindelik 5 alternatiewe vir hierdie donker gevaar.

  1. Petrol
    Asof dit nie genoeg is dat jy deur jou nek betaal vir petrol om jou kar aan die gang te hou nie, moet jy nou nog meer spandeer vir daardie Brood, Marmite & Sop dae. Giet die petrol mildelik oor jou broodjie en geniet.
  2. Gerasperde Braaikole
    Is jy moeg daarvoor om te sien hoe jou familie braai terwyl jy moet toekyk en jou slaaitjie eet? Genoeg is genoeg! Nou kan jy dood eenvoudig die oorblewende braaikole vat, dit lekker grof rasper en op jou broodjie pak. Mmmmmm.. lekker.
  3. Misdaad
    Nou ja, hierdie een is ‘n “no-brainer”. Misdaad is so volop soos die driedoringbosse in Verneukpan. Smeer dit sommer dik op jou broodjie. Hierdie een is die heel maklikste plaasvervanger vir Marmite, en proe net so bitter!
  4. Facebook Etiket
    Voel jy ook soms om jou hare uit te trek elke keer wanneer jy nie die “mxit-taal” van ‘n Facebook plasing kan ontleed en die persoon antwoord met, “So what, dis tog net sosiale media – nie ‘n taal les nie”? Wel, in plaas daarvan om jou duur haarstyl te beskadig, gebruik sommer Facebook Etiket op jou volgende Marmite dag.
  5. Korrupte Politikus
    Vir hierdie plaasvervanger is daar dalk moontlike risikos betrokke. Maar, as jy toegewyd genoeg is om hierdie leeglêers en sosiale delinkwente te konfronteer, kan jy hulle sommer as plaasvervanger gebruik. Waarskuwing: Hulle gaan probeer om jou om te koop – die aanbod gaan verleidelik wees – maar staan sterk en sluk jou broodjie.

Nota: Soos julle agtergekom het, is hierdie artikel slegs bedoel om lig te maak van die baie probleme wat ons as Suid-Afrikaners in ons daaglikse lewens trotseer. Die vergelyking is getrek om te wys dat hierdie problem amper net so sleg is om te sluk soos Marmite.
Lees gerus hier vir die talle voordele van Marmite. En nee, ongelukkig kan jy dit nie uitlaat of vervang nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *