7 Interessante feite oor Moedersdag


Moedersdag is ‘n spesiale dag waarop moeders en moederskap elke jaar regoor die wêreld gevier word.

Hier is 7 interessante feite oor hierdie dag.

1. Wanneer is Moedersdag in Suid-Afrika?

Moedersdag word in Suid-Afrika – sowel as ander lande soos die VSA, Australië, China, Japan en Indië – op die tweede Sondag in Mei gevier.

Dit beteken dat Moedersdag elke jaar ‘n ander datum het. As jy wonder wanneer is Moedersdag in Suid-Afrika in 2022; die antwoord is Sondag, 08 Mei 2022.

2. Nie ‘n vakansiedag

Alhoewel Moedersdag nie in Suid-Afrika beskou word as ‘n openbare vakansiedag nie, is dit wel die derde mees populêre vakansiedag ter wêreld.

Die twee mees populêre vakansiedae is Kersfees en Paasfees.

3. Die meeste blomme vir mammas

Blomme bloei in oorvloed vir Moedersdag.

Ongeveer 25% (‘n kwart) van alle blomme wat per jaar gekoop word, word vir Moedersdag gekoop.

4. Moederskap het nie brieke nie

Elizabeth Ann Jeffrey Buttle van Wallis is bekend as die vrou met die langste breuk tussen kinders/swangerskappe.

In November 1997 op 60jarige ouderdom het sy ‘n seun, Joe, gebaar. Dit nadat sy reeds ‘n ma was van ‘n 41jarige dogter, Belinda, wat sy op 19jarige ouderdom gehad het.

Na gerugte het Elizabeth dokters vertel dat sy 49 jaar oud was, terwyl sy eintlik 59 was, om in aanmerking vir IVF te kom.

Sy was blykbaar desperaat om nog ‘n kind met haar nuwe kêrel te hê nadat haar man jare gelede aan ‘n hartaanval oorlede is.

5. Snaakse tradisies

Terwyl ontbyt in die bed, blomme en kaartjies van die mees algemeenste maniere is om ma’s op Moedersdag te bederf, is daar ook ‘n paar vreemde Moedersdag tradisies wat elders in die wêreld gebruik word.

In Joego-Slawië word ma’s deur hul kinders vasgemaak met tou op Moedersdag. Die enigste manier waarop sy bevry kan word is om haar kinders met lekkernye te “betaal”.

6. Eerste geluid vir ma

Die eerste klank wat babas kan vokaliseer is die “ma”-geluid.

Dit is dus interessant om op te merk dat die woord vir moeder in byna elke taal met die letter “M” begin, of ‘n variasie van die “ma”-geluid is.

7. 2020 Pandemie

Vandag, 10 Mei 2020 word Moedersdag in talle lande gevier. Maar as gevolg van wêreldwye inperkings en sosiale distansiëring wat die internasionale Covid-19 bring, pandemie mag dit die eerste jaar wees wat derduisende moeders nie hul kinders kan sien nie – en kinders nie die dag saam met hul moeders kan vier nie.

Baie mense het hulself dus hierdie week gewend na die versending van blomme, kaartjies en ander geskenke via aanlyn bestelling.

As jy vergeet het om ‘n geskenk vir jou ma, vrou, tannie, kollega, buurvrou of vriendin gekry het – moenie bekommerd wees nie. Ons Moedersdag Promosie is verleng en bestellings is steeds oop tot aan die einde van vandag. Hierdie is ‘n geskenk wat nooit opraak of oud raak soos blomme nie.

Jy het dus nog kans om ‘n geskenk te kry – liewer laat as nooit!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *