Gelatien ‘n Dag Laat Die Selluliet Wag

Net soos proteïen kossoorte, help gelatien om ‘n gevoel van versadigheid te verhoog asook om honger hormone te beheer.

As jy al ooit gewonder het wat aan jellie sy glibberige tesktuur gee, die antwoord is gelatien. Dit vervul ook hierdie stolling funksie in talle ander nageregte.

Een van die redes waarom ons tekens van veroudering begin toon is as gevolg van die afbreek van kollageen, wat gewoonlik in jou 20s of 30s begin gebeur.

Wat presies is gelatien?

Gelatien is ‘n tipe proteïen afkomstig van kollageen. Dit word verkry deur ‘n proses waarby die vel, bene en weefsel van diere geïsoleer en dehidreer word en dan in poeiervorm verwerk word vir menslike gebruik. Dit verskaf ons met belangrike aminosure, wat die boublokke van proteïene vorm.

Die rede dat gelatien as die basis vir so baie nageregte gebruik word is omdat dit ‘n taaierige kleefmiddel vorm, soortgelyk aan ‘n natuurlike gom. Dit is hierdie eienskap wat dit voordelig maak vir ons om gelatien te gebruik, omdat dit help om sterk kraakbeen en bindingsweefsel vorm wat dan aan ons liggame elastisiteit gee.

Wat is die voordele van gelatien?

1. Verbeter Derm Gesondheid en Spysvertering

Gelatien verbeter die liggaam se vermoë om genoegsame maagsure wat benodig word om goeie spysvertering en die opname van voedingstowwe te fasiliteer, vry te stel. Verder help gelatien ook om die gesonde mukosale voering in jou maag te herstel en sodeoende ‘n balans tussen ensieme en maagsure te handhaaf.

Gelatien absorbeer ook water en ander vloeistowwe, wat help om vloeistof retensie en opgeblaaste maag te voorkom en hardlywigheid te verbeter.

2. Beskerm Gewrigte en Verlaag Pyn

Soos mense ouer word, is hulle meer geneig om styfheid, pyne en beperkte mobiliteit in hul gewrigte en ander ledemate te ontwikkel. Dit word dan erger met tyd aangesien kollageen deurentyd afgebreek word.

Gelatien is bekend om simptome van osteoartritis en rumatoïede artritis te verlig. Dit help om chronies inflammatoriese reaksies te staak, wat dan pyn verlaag.

3. Verbeter Slaap

Navorsing toon dat gelatien slaperigheid gedurende die dag verbeter, asook daaglike kognitiewe funksies, slaapkwaliteit en slaapdoeltreffendheid. Dit help ook om die tyd wat dit neem om aan die slaap te raak, te verkort.

Die kersie op die koek is dat gelatien, anders as tradisionele slaapmedikasie, glad nie lomerigheid of ander effekte van slaappille veroorsaak nie.

4. Verbeter Gemoed en Kognitiewe Vermoëns

Die aminosure in gelatien vervul dieselfde rol as party antidepressante, maar sonder die ongewenste komplikasies en newe effekte. Dit is ook bekend om streshormone te verlaag en blydskap hormone te verhoog om kognitiewe duidelikheid en kalmheid te bevorder.

5. Verbeter die Gesondheid van jou Vel

Gelatien is belangrik vir die herstel van jou vel en kan ook help om jou vel teen UV lig te beskerm, wat jou dan beskerm teen tekens van veroudering soos rimpels, sonbrand, rekmerke, selluliet en pap velle.

Een van die redes waarom ons tekens van veroudering begin toon is as gevolg van die afbreek van kollageen, wat gewoonlik in jou 20s of 30s begin gebeur.

Deur die inname van gelatien kan jy nie net ‘n gesonde vel handhaaf nie, maar ook gesonde hare en naels.

6. Bevorder Kardiovaskulêre Gesondheid

Gelatien help om die chemise samestellings wat ons uit die inname van vleis kry, te neutraliseer. Hoender, rooivleis, kalkoen en eiers bevat ‘n hoë vlak van metionien, ‘n tipe aminosuur wat skadelik kan wees indien ‘n groot aantal daarvan ingeneem word. Dit kan lei tot hoë bloeddruk, verhoogde inflammasie en ander hartsiektes soos hartaanval, beroerte en verswakte beenweefsel.

Gelatien help ook as jou dieet ‘n lae inname van vleis bevat, of as jy ‘n vegetariër is, deur te verseker dat jy ‘n verskeidenhied aminosure inneem.

7. Handhaaf Sterk Bene

Die kalsium, magnesium, fosfor, silikon en swael in gelatien help om bene te vorm en om beenbreke te voorkom en genees.

Navorsers meen ook dat gelatien ‘n veilige, terapeutiese produk is om osteoartritis en osteoporose te behandel, selfs wanneer dit langtermyn met kroniese siektes gebruik word.

8. Help om jou Vol te laat Voel

Net soos proteïen kossoorte, help gelatien om ‘n gevoel van versadigheid te verhoog asook om honger hormone te beheer.

Neem een telepel gelatien poeier in jou koffie/tee soggens om jou vel soepel en jou maag vol te hou. Probeer om dit van die begin af by jou dieet in te sluit sodat dit kan help om los velle soepel te hou soos wat jy stelselmatig gewig verloor.

Sien Eet & Geniet Resepteboek vir meer inligting oor die gebruik van gelatien.

2 Comments

  1. How do we consume the gelatin?

    1. Eetplan Idees says:

      Please see the second last paragraph of the above article for instructions. You can also read the English version of the article here.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *