|

3 Redes waarom peusel ongesond is

Volledige vertering neem gewoonlik ses uur of meer. As jy tussen maaltye peusel, belas jy jou liggaam. As jy onvoorsiene, vinnige etes bestaande uit verwerkte voedsel eet, styg jou bloedsuiker vinnig en val binne drie uur.

Een van die kernbeginsels van Die 28 Dae Eetplan is om geensins te peusel tussen maaltye nie. Die voorgestelde 5 ure tussen maaltye speel ‘n belangrike rol ten opsigte van gewigsverlies op die plan.

Hier is hoekom:

1. Eet volgens hongerte, nie voedseldrange nie

Deur ‘n maaltyd van die regte kossoorte in die regte hoeveelhede en in die regte kombinasies te eet is nie net voordelig vir die optimale groei van liggaamlike selle nie, maar ook hulpvaardig om bloedsuikervlakke te stabiliseer.

As jy jou hongerte met genoeg van die regte kosse afskakel, leer jy om jou liggaam- brein versadigheidseine te herstel. In wese leer jy hoe om net te eet as jy regtig honger is, nie wanneer jy in ‘n drangstaat is nie. 

2. Peusel ontwrig die spysverteringsproses

Volledige vertering neem gewoonlik ses uur of meer. As jy tussen maaltye peusel, belas jy jou liggaam. Jy vra basies jou liggaam om ‘n proses wat nog nie voltooi is sedert die laaste keer dat jy geëet het, weer oor te begin.

Dit neem nie net energie weg van ander herstelwerk wat jou liggaam doen nie (hallo moeë oë), maar dit kan ook lei tot gewigstoename. Wanneer jou liggaam nie kos vinnig genoeg kan opneem en gebruik nie, word dit gestoor as vet. Die herbegin van die proses van vertering deur te peusel sny daarbenewens ook jou liggaam se vermoë om vet tussen etes te verbrand, kort.

3. Die waarheid oor peuselhappies

Kom ons wees eerlik: Baie van die peuselhappies (selfs proteïenstafies) wat mense kies om te eet, is koolhidraatbomme. Dit maak nie regtig saak of jou peuselhappie graanvry, glutenvry of vegan is nie – dit stoot jou bloedsuiker op en veroorsaak die vrystelling van insulien.

As jy onvoorsiene, vinnige etes bestaande uit verwerkte voedsel eet, styg jou bloedsuiker vinnig en val binne drie uur. Dit laat jou dan met lae bloedsuiker, maar steeds vol insulien, wat veroorsaak dat jy meer koolhidrate wil inneem, en selfs meer insulien vrylaat.

Om te peusel is nie om te eet tot versadiging nie; dit is ‘n ‘n tydelike manier om ‘n jou behoefte aan voedsel te bevredig en, afhangende van wat jy kies, kan dit jou eintlik later honger maak.

‘n Gesonde eetplan is een wat bestaan uit drie gesonde maaltye, met genoegsame rusperiodes tussenin – tensy anders aanbeveel deur ‘n mediese praktisyn en/of vir spesifieke mediese toestande.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *