Feite oor Vette

Vet is een van die drie hoof makrovoedingstowwe, saam met die ander twee: koolhidrate en proteïene. Die liggaam gebruik vet as ‘n brandstofbron, en vet is die belangrikste bergingsvorm van energie in die liggaam.

Vet is ‘n noodsaaklike deel van ons dieet en voeding, en ons kan nie daarsonder leef nie. Ons liggame benodig klein hoeveelhede ‘goeie vet’ om te funksioneer en siektes te voorkom.


Die probleem met hedendaagse eetgewoontes is dat ons geneig is om veel meer vette, spesifiek ongesonde vette, in te neem as wat ons liggaam benodig. Dit lei na gesondheidsprobleme soos vetsugtigheid, diabetes, hoë bloeddruk, cholesterol, insulienweerstandigheid en hartsiektes.

 

Weefsel

Vet is die tipe weefsel wat die mees volop in die menslike liggaam voorkom. Die gemiddelde volwassene het 40 biljoen vetselle. Meisies word gebore met meer vetselle as seuntjies.

 

Groei

Teen die tyd dat jy ‘n tiener is, sal jy waarskynlik al die vetselle het wat jy ooit sal hê. Vet groei wanneer bestaande selle vergroot en wanneer nuwe selle geskep word.

Die aantal vetselle in jou liggaam kan toeneem, maar kan nooit ooit afneem nie. Selfs wanneer jy gewig verloor, word vetselle nie vernietig nie – hulle word slegs kleiner. Lees meer oor hierdie proses genaamd die “whoosh” effek.

Vetselle kan doodgaan, maar jou liggaam produseer amper onmiddellik dieselfde aantal selle om die dooie selle se plek te neem.

 

Tipes

Vetselle is groter in persone wie oorgewig is. Daar is twee tipes vetselle: Wit en bruin.
Die hoof doel van wit vet is dat dit ‘n energiebron is en dat dit die liggaam insuleer. Wit vet is die tipe vetselle wat op tipiese “probleemareas” soos jou bobene of maag versamel en wat, in getalle wat teenstrydig met jou LMI is, ernstige gesondheidsrisiko’s inhou.

Die doel van bruin vet is om kalorieë te verbrand om warmte te genereer. Daarom word bruin vet dikwels die “goeie” vet genoem, aangesien dit ons help om kalorieë te verbrand, nie te stoor nie. Bruin vet is volop in pasgebore babas en diegene met normale gewig en bloedsuikervlakke.

Dit is belangrik om die rol, samestelling en funksies van vet te verstaan om te help om gesonder keuses te maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *