Eis terug die woord “Dieet”

Almal het al die volgende ervaar. Jy is moedeloos vir hoe ver jy jou gesond en jou fisiese voorkoms laat vaar het. Jy skraap die selfdissipline bymekaar om ‘n positiewe verandering in jou lewe te maak, maar sodra jy die woord “dieet” in sosiale kringe uiter word jy onmiddellik gekruisig en word daar liederlik gefrons oor jou keuse.

Hoekom gebeur dit dat die woord “dieet” so ‘n slegte konnotasie het? Hoekom is ons skaam om hierdie woord te gebruik? Hoekom word ons keuses uitgemaak en ons pogings sleg gesê?

Die woord “dieet” word gedefinieer as die tipe voedsel wat ‘n persoon, dier of gemeenskap gewoonlik inneem.


Hiervan kan ons aflei dat elke persoon by wyse van spreke op ‘n dieet is. Al wat die woord “dieet” doen is om te verwys na wat, hoe, en hoe gereeld jy eet. Daar is absoluut niks negatief hieraan gekoppel nie, maar tog laat dié woord ‘n slegte smaak in sommige mense se monde.

Hierdie negatiwiteit kan voorgeskryf word aan 3 dinge:

Omstrede industrie Ongelukkig is daar persone en organisasies wat die groot behoefte aan gesonde, volhoubare gewigsverliesplanne uitbuit met die verkoop van dieetprodukte met valse beloftes (“Eet soos jy wil en verloor gewig met hierdie towerduppels!”) en/of fisies gevaarlike produkte (“Slegs een inspuiting per dag laat die vette wegsmelt!”).

Vrees van openbare mislukking Wanneer mense hoor dat jy op ‘n dieet is, is daar onmiddellik die verwagting van vinnige, oornag gewigsverlies. En as die resultate nie vinnig genoeg wys nie word jou mislukking ‘n openbare een.

Vet konnotasie Die woord “dieet” word onbedoeld gekoppel aan gewigsverlies, wat dan verkeerdelik impliseer dat jy oorgewig of vet is. Mense vergeet heeltemal van die gesondheidsaspek en die rol van verskeie mediese kondisies soos insulienweerstandigheid, onderaktiewe skildklier, hormonale wanbalanse en vele meer.

As gevolg van hierdie negatiwiteit is daar selfs party kenners wat meen dat die woord “dieet” heeltemal verban moet word, of dat ons dit glad nie meer in gesprekke moet gebruik nie. Ons sê, “NEE!”

· Jy gaan NIE skaam te voel omdat jy jou gesondheid en voorkoms hoog genoem ag om ‘n noemenswaardige verandering aan jou gewoontes te maak nie.

· Jy gaan NIE sleg voel vir die keuse van dieetprogram of eetplan om hierdie veranderinge tuis te bring nie.

· Jy gaan NIE skaam kry oor jy nie meer jouself oorlaai met geprosesseerde suiker, koolhidrate, wegneemetes en winkelkos nie.

· Jy gaan NIE toelaat dat ander mense se opinies oor jou keuses jou enigsins beïnvloed nie.

· Jy gaan NIE jouself of jou keuses verdedig om ander tevrede te stel of beter te laat voel nie.

Die 28 Dae Dieet is maar net ‘n gekontroleerde, voorafbeplande maaltydplan wat jou eetgewoontes so aanpas dat jy optimale gewigsverliesresultate op ‘n gesonde, volhoubare manier verkry.

Soms gaan dit nie eers oor gewigsverlies nie. Vir sommige mense red Die 28 Dae Dieet letterlik hul lewens omdat dit hulle help om meer gesond te lewe. Party mense ervaar dat die dosis van hul cholesterol, hoë bloeddruk en/of diabetes medikasie heelwat verminder – of selfs heeltemal weggeneem – word na suksesvolle voltooiing van die dieet.

Hiermee eis ons die woord “dieet” terug! Ons gaan nie meer skroom om hierdie woord te gebruik nie. Ons gaan nie meer skaam kry om dit in gesprekke te gebruik nie. Ons gaan nie eufemismes en sinonieme uitdink om die woord “dieet” te vervang nie. En ons gaan beslis niemand beoordeel of isoleer omdat hulle op ‘n “dieet” is nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *