Hoekom Is Die 28 Dae Eetplan so Suksesvol

Eet Gesond. Voel Goed. Lyk Fantasties!

Eetplan Idees

Jou dieetvennoot

“Eetplan Idees glo in ‘n holistiese, volhoubare en natuurlike benadering tot gewigsverlies. Die 28 Dae Eetplan bestaan uit regte kos in die regte hoeveelhede met die regte tussenpouses eet, wat jou in staat stel om optimale gewigsverlies te handhaaf.

Ons veroordeel ten sterkste die gebruik van eksterne produkte (bv. dieet tee, koffie, pille of “shakes”) om jou te help met gewigsverlies.

Het jy al agtergekom dat met elke een van hierdie tipe produkte word daar aanbeveel dat dit saam met ‘n gesonde dieet gebruik moet word? Die rede is dat die dieet die meeste van die werk doen – en die realiteit is dat die pille sonder ‘n gesonde dieet jou eintlik nie veel baat nie.

Met Die 28 Dae Eetplan word dit glad nie benodig nie. Mediese navorsing toon dat hierdie tipe produkte meer nadele as voordele inhou, en dat die beste manier om gewig te verloor is deur die handhawing van ‘n gesonde leefstyl.
En watter keuse is beter as Die 28 Dae Eetplan Leefstyl?”

Eetplan Idees | Eet & Geniet Resepteboek | Die 28 Dae Eetplan

Wat is Die 28 Dae Eetplan?

Die 28 Dae Eetplan is ‘n gewigsverlies program wat spesifiek bedoel is om persone te help om gewig te verloor en die nodige leefstylveranderinge te leer om hul doelgewig te handhaaf.

​Hoe meer gewig jy het om te verloor, hoe vinniger sal jy gewig verloor.

​Dit is ‘n baie praktiese eetplan wat bestaan uit al die kossoorte wat ons oor die algemeen in ons kombuise aanhou – niks vreemd of uitheems nie.

Hoe werk dit?

Die eetplan bestaan uit ‘n voorafbepaalde spyskaart vir 3 maaltye ‘n dag, vir 28 dae.

Jy kan op enige dag begin (nie noodwendig die 1ste dag van die maand, of ‘n Maandag nie), solank jy die plan van Dag 1 tot 28 in die korrekte volgorde volg.

  • Die eerste week is die moeilikste, aangesien dit die detoks fase is waar-tydens jou liggaam van al die gifstowwe ontslae raak en aanpas by jou nuwe eetgewoontes.
  • Jy kan die 28 dae herhaal vir soveel keer as wat nodig is om jou doelgewig te bereik.
  •  Jy kan ‘n breuk neem tussen rondtes, of jy kan die rondtes agtereenvolgend voltooi.
  • Dit is beter om nie ‘n breuk tussen rondtes te neem voor jy nie jou doelgewig bereik het nie, aangesien dit dan baie moeiliker sal wees om weer te begin as jou breuk te lank was.
  • As jy wel ‘n breuk wil/moet neem, word ‘n breuk van 1 tot 3 dae aanbeveel voor die aanvangs van jou volgende rondte.

Vir wie is dit?

Identifiseer, verstaan en glo in jou hoekom. Besluit op ‘n rede, of ‘n paar redes, waarom jy die eetplan volg. Skryf dit neer en plak dit teen jou spieël of maak ‘n notatjie op jou selfoon waarna jy gereeld kan loer.​
  • Die eetplan is spesifiek bedoel vir oorgewig en vetsugtige persone wie sukkel om gewig te verloor.
  • Voor jy enige nuwe dieet aanpak moet jy jou dokter raadpleeg om te bevestig of die plan geskik is vir jou, veral as jy enige mediese toestande het en/of enige medikasie neem.
  • Jou dokter sal adviseer of hierdie plan dienstig is tot jou toestand.
  • Omdat hierdie eetplan so opgestel is om jou bloeddruk te laat daal, moet diegene met lae bloeddruk hierdie plan met voorsorg aandurf.
  • Die plan is nie geskik vir diegene wie swanger is of borsvoed nie.

Hoe verloor ek gewig?

Die fundamentele manier waarop die liggaam vet verbrand is om ‘n kalorie tekort te skep: Jy eet minder kos as waaraan jou liggaam gewoond is en forseer sodoende jou liggaam om die nodige energie te verkry deur die vet reserwes te verbrand.

Die sukses van die plan berus op die volgende 3 belangrike beginsels van gewigsverlies. As jy buite die raamwerk van hierdie beginsels beweeg om gewigsverlies te handhaaf, kan dit wat jy volg nie meer geklassifiseer word as Die 28 Dae Eetplan nie.

Navorsers, dokters, dieetkundiges en voedselkenners regoor die wêreld beaam en ondersteun die idee dat ‘n gesonde dieet die enkele beste ding is om gewig te verloor, gewig af te hou, bloeddruk te verlaag en toestande soos diabetes tipe 2 om te keer.