‘n Terugblik op die jaar: 10 Hoogte- en laagtepunte van die jaar 2019

Terwyl ons aan die einde van nog ‘n jaar staan, neem ons afskeid van 2019 deur al die laagte- en hoogtepunte van 2019 in Suid-Afrika te hersien.

LAAGTEPUNTE

5. Heidi Scheepers en kinders

Een van die grootste tragedies van 2019 is die van ‘n jong ma, Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, Hugo (2) en Cozette (6) wat vermis geraak het na ‘n familie uitstappie na die see in Heroldsbaai op 22 Oktober 2019.

Die liggame van Heidi en Hugo was gevind, maar Cozette is steeds vermis. Die polisieondersoek duur voort.

4. Hoërskool Driehoek tragedie

Drie leerders is op die toneel dood en minstens twintig ander beseer toe ‘n loopvlak by Hoërskool Driehoek ineengestort het op 1 Februarie 2019.

‘n Vierde leerder het later aan sy beserings beswyk.

3. Misdaad teen vroue

Tussen Augustus en Oktober van 2019 was Suid-Afrika getref deur ‘n vlaag van afskuwelike moorde op jong, kwesbare vroue.

Meghan Cremer (30) se liggaam was gevind in ‘n sand myn in Philippi. Sy het ‘n tou om haar nek gehad. Lynette Volschenk (32) was in haar woonstel in Bellville vermoor en dele van haar liggaam sowel as haar kop was in swart swakke gevind. Jesse Hess (19), ‘n teologie student aan UWK, was vermoor saam met haar 85-jarige oupa in hul woonstel in Parow. Uyinene Mrwetyana (19) was verkrag en vermoor in ‘n poskantoor deur ‘n poskantoorwerker wat haar na-ure na die poskantoor gelok het.

2. Gavin Watson

Suid-Afrikaanse besigheidsman en Hoof Uitvoerende Beampte van Bosasa, Gavin Watson, is dood in ‘n omstrede motorongeluk in die vroeë ure van 26 Augustus 2019 toe sy voertuig teen ‘n brug by OR Tambo lughawe gebots het.

‘n Patologiese verslag het aangedui dat Watson reeds dood was ten tyde van die botsing. Sy dood het ‘n groot politiese impak en die ondersoek duur voort.

1. Amy Leigh de Jager

‘n Tragedie wat die land geruk het was die ontvoering van sesjarige Amy Leigh de Jager op 2 September 2019. Sy was die volgende dag gevind waar ‘n onbekende paartjie haar na die plaaslike polisiestasie geneem het.

Vermeende ontvoerders Pieter Van Zyl, Tharina Human en Molemohi Bafokeng is steeds in aanhouding. ‘n Vierde verdagte, Laetitia Nel, is tans vry op borgtog van R25 000.

HOOGTEPUNTE

5. My f*k, Marelize

‘n Video van die Namibiese Marelize Horn (19), wat met haar fiets op rugbypale afgestuur het, het die land aan die gons gehad gedurende Februarie en Maart 2019 – nie weens haar gebrek aan koördinasie nie, maar meestal weens die reaksie van haar ma.

4. #ImStaying

Op 7 September 2019 het Jarette Petzer ‘n Facebook groep begin met die doel om verhale van liefde, goeie dade en alles wat Suid-Afrika wonderlik maak, begin.

Die groep het tans meer as 988 000 lede en word beskryf as ‘n beweging wat help om lewens te verander.

Volgens die stigter kry mense wat voorheen depressief was oor die huidige stand van sake ‘n nuwe perspektief nadat hulle by hierdie groep aansluit, wat lei tot ‘n meer positiewe uitkyk op SA oor die algemeen.

3. Hugo Bel Die Polisie

Beeldmateriaal wat ‘n geveg tussen ‘n plaaslike gesin toon, het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Die video wys ‘n gesin wat kwaadwillig stry en baklei, terwyl die buurvrou wat die video opneem histeries gil, “Hugo, bel die polisie!”.

Die video was so populêr dat sanger, Jak de Priester, ‘n liedjie geskryf het oor die gebeure.

2. Mej Suid-Afrika word verower die Mej Heelal-titel

Zozibini Tunzi, wat op 9 Augustus aangewys as Mej. Suid-Afrika, het die land internasionaal verteenwoordig in die Mej. Heelal skoonheidskompetisie waar sy die titel in die vroeë ure van 9 Desember 2019 verower het.

1. Springbokke wen die 2019 Rugby Wêreldbeker-toernooi

Te midde van ‘n moeilike jaar vir Suid-Afrika, was die Springbok-oorwinning van die Webb Ellis beker in Japan ‘n welkome  prestasie wat die hele land verenig het in patriotiese trots.

Slegs vier lande ter wêreld was al as wenners in die Rugby Wêreldbeker  aangewys sedert die ontstaan van die toernooi in 1987; Nieu-Seeland en Suid-Afrika drie keer, Australië twee keer, en Engeland een keer.

Die Springbokke het die oorwinning behoorlik gevier, met Faf de Klerk wat gespog het in sy trots Suid-Afrikaanse onderbroek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *