Moet groente in warm of koue water gekook word?

Wanneer jy groente kook, wonder jy ook of jy die water moet kook vóór- of nádat jy die groente in die pot voeg? Lees verder vir die antwoord!

Groen groente

Om ‘n lewendige kleur en ‘al dente’ tekstuur te behou, moet groen groente (broccoli, groenbone, ens.) sou gou as moontlik gekook word.

Wanneer hierdie tipe groente te lank kook, begin die chlorofil van die plant in die water uitspoel, wat dit dan dof en pap maak.

Begin kook in kookwater en vang die helderheid van die kleur vas deur die groente in yswater te doop net voordat dit gaar is (3-4 minute). Die groente kan dan vir ‘n minuut voor opdiening verhit word sonder om kleur te verloor.

Knolgroente

Groter, styselagtige groente soos aartappels, benodig meer tyd oor lae hitte sodat hul binnekante warm word voordat die buitekant te lank kook en disintegreer. Hierdie groente moet in koue water begin word, wat stelselmatig tot kookpunt gebring word.

“As dit bo die grond groei, begin dan warm. As dit onder die grond groei, begin dan koud.”

Die rede?

Die kook van groente wat bo die grond groei vereis eenvoudig dat die selwande versag word om dit smaakliker en meer verteerbaar te maak.

Omdat die meeste groen groente klein is met dun selwande, neem die proses nie baie lank nie. Dus, al wat jy hoef te doen, is om water te kook, die groente by te voeg en te kook totdat hulle net sag is.

Knolgroente, daarenteen, bevat baie stysel, en daardie stysel moet opgelos word voordat dit geëet kan word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *