Jou dieet en water retensie

Water retensie gebeur wanneer oortollige vloeistof in jou liggaam opbou. Dit staan ook bekend as watersug of edeem. Water retensie vind plaas in die sirkulasiesisteem of tussen weefsel en holtes. Dit kan swelling in die hande, voete, enkels en bene veroorsaak.

As jy ly aan water retensie beteken dit nie dat jy te veel water inneem nie. Dit beteken eerder dat jy te veel sodium in jou bloed het of dat jy te min beweeg. Water retensie kan ook veroorsaak word deur verskeie medikasies, hormonale veranderinge en hart- of nierprobleme.

 

Hier is ‘n paar maniere om water retensie onder beheer te bring.

1. Lig jou voete

Plaas jou voete in ‘n posisie sodat dit hoër as jou hart is. Dit help om vloeistof vanaf jou voete en enkels te beweeg. Maak seker om hierdie aksie te balanseer deur ligte oefening te doen om die vloeistof aan die vloei te hou.

 

2. Eet minder sout

Verlaag jou sout inname deur dit met kruie te vervang. Oreganum, roosmaryn, tiemie en selfs grasuie verleen smaaklike geure in alle disse – EN dis heeltemal toelaatbaar op Die 28 Dae Dieet!

 

3. Sny die soetgoed uit

Diabete het ‘n hoër risiko om water retensie te ontwikkel omdat dit gedeeltelik ook veroorsaak word deur insulien se onvermoë om sodium uit die liggaam te verwyder. Dit is selfs belangrik vir nie-diabete om ook alle suiker te vermy indien hulle aan watersug ly.

 

4. Eet meer kos met kalium

Kalium help om water retensie teen te staan deur sodium vlakke te verlaag en uriene-produksie te verhoog. Kalium speel ook ‘n belangrike rol in die verlaging van bloeddruk. Voedselsoorte met hoë kalium inhoud sluit in piesangs, dadels, spinasie, avokadopeer, tamaties en beet.

 

5. Natuurlike diuretika

Sekere voedselsoorte word beskou as natuurlike diuretiese middels – dit beteken dat dit diurese (sekrese van oortollige vloeistof) op ‘n natuurlike manier aan die gang sit. Knoffel, pietersielie, verdunde bosbes sap, vinkel en heemswortel is voorbeelde hiervan.

 

6. Drink meer water

Anders as wat mens verwag, help die inname van water om ontslae te raak van water retensie. In sommige gevalle hou die liggaam water terug as ‘n natuurlike bestanding teen dehidrasie omdat klein hoeveelhede water ingeneem word. Deur meer water te drink, is die liggaam dan in staat om die oortollige water meer effektief uit te skei.

 

7. Skud dit af

Oefening of fisiese beweging is noodsaaklik vir die voorkoming en behandeling van water retensie. Dit is omdat sweet nie net ‘n manier is om van oortollige water ontslae te raak nie, maar ook oortollige sodium wat lei tot water retensie. Beweging is ook belangrik om vloeistof aan die beweeg te hou en te voorkom dat dit op een plek opgaar bv. hande/voete/enkels.

Om te stap teen ‘n vinnige pas, tuin te maak of te dans vir 20 tot 30 minute per dag kan ‘n baie groot verskil maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *