|

Hoeveel water moet jy drink?

Hoe oud was jy toe jy vir die eerste keer die frase, “Drink 8 glase water per dag!” gehoor het?
Tradisioneel word hierdie die duimreël geleer om goeie watergewoontes te skep, wat verseker dat die gemiddelde persoon nie ontwater nie en dat al die liggaamsprosesse glad verloop.

Daar is eintlik ‘n formule wat bepaal hoeveel water die beste hoeveelheid vir jou individuele liggaam is, gebaseer op ‘n aantal faktore soos jou geslag, fisiese aktiwiteitsvlak, geografiese ligging (ja, hoe hoog jy bo seevlak is speel ook ‘n rol) en algemene gesondheid.
Die heel belangrikste bepalende faktor is of jy gewig wil verloor en of jy slegs algehele gesondheid wil handhaaf.

Laai jou gratis waterinname kaart aan die einde van hierdie artikel af

So, hoeveel water is genoeg?
Om te bepaal presies hoeveel water jy nodig het vir jou liggaam om jou huidige gewig te onderhou en algemene gesondheid te handhaaf, gebruik die volgende formule.

Stap 1: Neem jou gewig en vermenigvuldig dit met 2,2
             (bv. 80kg x 2,2 = 176)
Jou antwoord is gelyk aan jou gewig in pond.

Stap 2: Verdeel bogenoemde getal deur 2.
            (bv. 176 ÷ 2 = 88)
Jou antwoord is gelyk aan die aantal onse water wat jy elke dag moet drink.

Stap 3: Verdeel nou hierdie getal deur 33,81
            (bv. 88 ÷ 33,81 = 2,6)
Hierdie getal verteenwoordig die aantal liters water wat jy daagliks moet drink vir jou spesifieke gewig. Deel hierdie getal deur 0,25 om die aantal glase te kry. Vir bogenoemde voorbeeld sal die antwoord ongeveer 10 glase wees.

As jy gewig wil verloor, moet jy méér water drink as wat jou liggaam nodig het om te funksioneer. Dit verhoog metabolisme en verseker dat al die organe wat teenwoordig is by die vetverbrandingsproses (bv. jou lewer en pankreas) optimaal funksioneer.

Stap 4: Voeg 3-6 glase (750-1500ml) water by jou aanbevole daaglikse water inname.
            (bv. 10 + 3 = 13 )
Hierdie getal verteenwoordig dan jou daaglikse aantal glase water wat jy moet drink om gewigsverlies te bevorder. Vir hierdie voorbeeld is dit ongeveer 3,25liter water per dag.

Kan mens te veel water drink?
Alhoewel onwaarskynlik, is dit egter ook moontlik om te veel water te drink. Dit kan hiponatremie – baie lae vlakke van natrium in die bloed – veroorsaak wat erge neurologiese komplikasies en ander newe-effekte kan hê.
Raadpleeg jou dokter as jy te gereeld dors word (wat kan dui op abnormale bloedsuikervlakke) of as jy bekommerd voel dat jy te veel water drink.
Verskeie siektes en medisyne kan jou waterbehoeftes beïnvloed. Dit gesê, hiponatremie is redelik ongewoon, so moenie jouself onwillekeurig ontwater nie.
Die kanse dat die algemene persoon te min water drink is veel meer as dat hulle te veel water drink. Selfs wanneer jy water retensie ervaar moet jy steeds baie water drink.

Hoe om jou water inname te verhoog
Hoe kan jy meer water per dag drink? Om genoeg water te drink klink dalk na ‘n uitdaging, maar ‘n paar klein veranderinge kan jou help om meer water in te neem. Probeer gerus ‘n paar van hierdie wenke:

• Skrik wakker en drink. Begin jou dag met ‘n glas water – dadelik. Hou ‘n glas op jou bedkassie as ‘n visuele herinnering.
• Dra ‘n termiese waterbottel saam met jou en mak dit gereeld vol.
• Hou ‘n glas water op jou lessenaar by die werk.
• Drink ‘n glas water 15 tot 20 minute voor elke maaltyd. Dit help met metabolisme, verhoed ooreet en bevorder goeie spysvertering.
• Drink veral meer water gedurende die eerste week van die plan, aangesien jy dit benodig om deur die detoks fase te kom en help om van die begin af goeie gewoontes te skep.
• Kies tuisgemaakte sodawater as jy voel dat die borrels jou sal help om meer water te drink. Geur dit met ‘n suurlemoenskyf of mintblaar. (Gebottelde sodawater is toelaatbaar op Die 28 Dae Dieet, maar hou die natrium-inhoud dop.)
• Drink jou komkommer water en appel-kaneel water daagliks. Dit proe lekkerder as gewone water en is baie meer gesond as gaskoeldrank en vrugtesap.


Kliek hier om jou gratis waterinname kaart in PDF-formaat af te laai

Moenie dink dat dit suiwer water deur koeldrank, swart tee, energie- of ander drankies vervang kan word nie. Dit is dikwels vol kafeïen, suiker, of albei, wat jou hormone kan verander en ware hidrasie en gewigsverlies kan belemmer.

Drankies versoet met ‘vals’ versoeters soos Aspartame kan soms selfs erger wees en kan insulienweerstandigheid en gewigstoename veroorsaak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *