|

Hoekom dieet pille nie werk nie

Gewigsverlies is dikwels heel bo aan almal se lys wanneer dit kom by nuwejaarsvoornemens. Ons leef in ‘n wêreld waar baie mense hulself tot uiterste maatreëls wend om gewig te verloor.

Ons almal sien gereeld die advertensies op TV en sosiale media, veral op Facebook: “Eet alles wat jy wil, moenie oefen nie en verloor steeds gewig met hierdie klein pil.” Of, “Verloor gewig in jou slaap met hierdie gewigsverlies koffie.”

Daar is meer as ‘n dosyn voorskrifmedikasie en honderde dieetpille en kruie-aanvullings vir gewigsverlies. Hulle werk op verskillende maniere: deur jou eetlus te onderdruk, jou metabolisme te verhoog of om jou liggaam te weerhou daarvan om die vet wat jy eet te absorbeer.

Die gevaar van dieet pille

Dieet pille, dieet aanvullings, dieetkoffie of hoe ook al dit bekend staan, is baie omstrede. ‘n Hele aantal van hierdie produkte is uit die mark verwyder nadat dit ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak het. Een van die mees berugte produk was ‘n kombinasie van fenfluramien en fentermien wat as Fen-Phen in Amerika bemark is.
Hierdie produk is gekoppel aan ‘n aantal sterftes, sowel as gevalle van pulmonale hipertensie en beskadigde hartkleppe.

As jy te veel van die medikasie neem of nie ‘n dokter raadpleeg oor die veilige gebruik van dieetpille nie, kan dit lei tot hartkloppings en swak slaap. Dit veroorsaak dat jy ‘n groter risiko van hartaanval en beroerte sal ontwikkel.

Wat sê die kenners?

Navorsing toon dat die meeste mense gemiddeld 2 tot 5kg verloor deur die gebruik van gewigsverliesmedikasie. Dit word beskou as beduidend deur die mediese gemeenskap, maar is baie teleurstellend vir pasiënte. Boonop word hierdie beskeie gewigsverlies vinnig teruggekry wanneer gebruikers die medikasie stop.

Die meeste gesondheidspraktisyns stem saam dat die gesondste metode om gewig te verloor is deur gereelde oefening en die volg van ‘n gebalanseerde dieet van matige porsies gesonde kos. Om jou benadering en denkwyse oor kos te verstaan en te verander, is ook van kritieke belang vir gewigsverlies.

Dieetpille is duur. Die gemiddelde dieetpille kos R600 vir een maand se voorraad. Wat jy in ruil kry, is dalk nie die geld werd nie. Alhoewel daar ‘n klein bietjie bewyse is dat ‘n paar van hierdie produkte ‘n geringe effek het, bied nie een van hulle die towerkuns wat jou toelaat om gewig te verloor terwyl jy peusel aan skyfies voor die TV nie.
Selfs die kenners wat ten gunste van dieetpille is stem saam dat hulle gekombineer moet word met goeie dieet en gereelde oefening om te werk.

Wat is die oplossing?

As jy in elk geval ‘n gesonde dieet moet volg vir dieetpille om te werk, kan jy net so wel die middelman (d.w.s. dieetpille) uitsny en jou geld elders spandeer.

Die 28 dae dieet is prakties en goedkoop. Dit is die beste, mees effektiewe en mees natuurlike manier om gewig te verloor. Op die plan word geen voedselgroepe uitgesluit nie, en jy leer hoe om jou porsies te beheer en ongesonde peusel uit te sny.
En wanneer jy belê in hulpmiddele om jou te help om meer suksesvol te wees op die plan, bly dit ‘n eenmalige belegging waarby jy lewenslank kan baat vind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *