Facebook verban foto van oorgewig model

‘n Australiese feminis-groep het in 2016 hierdie foto op hul Facebook blad geplaas om ‘n veldtog oor positiewe liggaamsbeeld te bevorder.

Toe hulle probeer om die plasing op ‘n betaalde Facebook advertensie te plaas, was die advertensie afgekeur op gronde van hul vereistes en riglyne vir betaalde promosies.

Die administrateurs van die blad het Facebook direk gekontak om uit te vind wat hulle verkeerd gedoen het met die advertensie. Hulle het deur

Facebook se advertensie beleid gelees en het definitief nie een van die vele riglyne oorskry nie.

Die model in die foto is Tess Holliday, ‘n 33 jarige baanbreker van Amerika, wat groot opslae in die modebedryf maak as plus-grootte model.

Tess is ‘n nommer 22 in die Amerkaanse klerebedryf, wat ‘n nommer 50 n Suid-Afrikaanse terme is.

Volgens die terugvoer van Facebook is die advertensie afgekeur omdat die foto ‘n uitbeelding van die menslike liggaam in ‘n “ongewenste manier” bevat.

Fotos wat in hierdie kategorie val sluit in fotos wat “muffin tops” (mae wat oor die bokant van broeke hang) wys, mense met klere wat te styf sit en fotos wat toestande soos eetversteurings in ‘n negatiewe lig uitbeeld.

Facebook het die blad aangeraai om eerder ‘n foto te gebruik wat ‘n relevante aktiwiteit uitbeeld soos fietsry of draf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *