|

Eetplan Idees Wenformule vir Die 28 Dae Eetplan

Maaltydbeplanning speel ‘n groot rol in die bereik van optimale gesondheid en gewigsverlies. As jy nie ‘n plan het vir wat jy gaan eet nie, mag jy dalk net gryp na watokal beskikbaar is en die risiko loop om die verkeerde bestanddele te gebruik of smaaklose maaltye voor te berei – of jy kan besluit om die maaltyd geheel en al oor te slaan en jou dieet te stop. Dit beteken dan dat al jou gewigsverlies pogings tot niet gemaak sal word en jou gesondheid daaronder sal lei.

Jy kan vooraf beplan, inkopies doen en die maaltye maak soos wat jy dit benodig; of jy kan dit een stap verder neem en jou maaltye vooraf maak en vries tot nodig.

Daar is baie voordele verbonde aan maaltydbeplanning op die plan. Dit help jou om goeie eetgewoontes te skep en daarby te hou.

Spaar Tyd

Wanneer etenstyd naby is kan jy, in plaas daarvan om doelloos voor die yskas te staan en eers te probeer uitpluis watter van jou bestanddele gepas is vir die volgende ete op die spyskaart, net jou beplande maaltyd begin voorberei. As jy dit vooraf gaargemaak en gevries het, spaar jy ook tyd met die opwas en opruim na die kookproses.

Spaar Geld

Almal kan saamstem dat geld spaar iets is wat ons almal probeer doen, en dat maaltydbeplanning ‘n uitstekende manier is om dit reg te kry. Behalwe dat jy geld spaar deur nie so gereeld by restaurante te eet nie, behels die beplanning van etes ook die koop van artikels in grootmaat, wat ‘n groot geldbesparing kan wees. As jy hou by wat op die lys is, vermy jy ook impuls-koop by die kruidenierswinkel.

Vermy Vermorsing

As dit kom by maaltydbeplanning gaan winkels toe met ‘n plan en weet jy reeds hoe jy al die kos op die lys gaan gebruik. As elke item ‘n doel het, hoef jy nie bekommerd te wees dat daar kos in jou yskas gaan wees wat moontlik gemors sal word nie.

Nou dat jy weet wat maaltydbeplanning is en hoekom dit belangrik is, deel ons graag ons wenformule vir Die 28 Dae Eetplan, in 5 eenvoudige stappe:

1. Verdeel die plan in 4 weke van 7 dae elk.
Skryf die spyskaart vir die eerste 7 dae neer, uiteengesit tussen ontbyt, middagete en aandete.


2. Besluit op resepte
Kyk na die toelaatbare bestanddele, porsies en geurmiddels vir elke kategorie en besluit op ‘n paar resepte wat jy kan gebruik. Kies een resep vir elke maaltyd. Hierdie dokument vorm dan jou maaltydplan.

Jy kan jou eie resepte saamstel of een van die smaaklike resepte in die plan se resepteboek kies. Onthou om jou persoonlike voorkeure, die tyd tot jou beskikking, sowel as jou toegang tot bestanddele in gedagte te hou.

Baie van die kategorieë op die plan word herhaal, soos Joghurt & 1 Vrug en 1 Aartappel & 1 Groente. Onthou dus om ‘n verskeidenheid resepte te kies, sodat jy nie verveeld raak daarvan om dieselfde maaltyd vir dieselfde kategorie te eet nie.


3. Stel jou inkopielys saam en kry jou bestanddele
Gebruik jou resepte om jou inkopielys saam te stel en doen jou inkopies daarvolgens.


4. Berei jou maaltye voor
Daar is verskillende maniere om jou maaltyd voorbereiding te doen. Kies dus die metode wat die beste by jou roetine en leefstyl pas.

As jy ‘n werkende persoon is kan jy besluit om al jou maaltye oor naweke te kook sodat jy die verskillende etes maklik deur die week kan gryp. Alternatiewelik kan jy kies om daagliks te kook, in welke geval jy dan die individuele bestanddele (bv. die kap en skil van groente, skoonmaak en opsny van hoenderborsies ens.) voor die tyd kan voorberei.


5. Eet die regte maaltyd
Maak seker dat jy altyd die plan byderhand hou. Maak seker dat jy die plan in meer as een plek bêre. Die laaste ding wat jy nodig het is om by die werk te wees en nie te onthou wat jy veronderstel is om te eet nie.

Jy kan vir jouself ‘n yskaskaart maak met die eetplan spyskaart, of ‘n sleutelring wat gerieflik aan jou sleutels hang, of selfs ‘n digitale spyskaart of app op jou selfoon laai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *