|

Die beste resepteboek vir die 28 Dae Eetplan

❗️❗️ WOW ❗️❗️ BAIE DANKIE❗️❗️ Woorde soos hierdie is net nog ‘n bevestiging dat Eet & Geniet alles is wat ons dit geskep het om te wees – en dat dit tans dié beste resepteboek vir Die 28 Dae Eetplan is.

Ons span het deur ou plasings op ons Facebook-blad gelees en op hierdie resensie afgekom wat definitief weer gedeel moet word. Dit is boodskappe soos hierdie wat wys dat die sukses van die boek nie net aan ons behoort nie, maar ook aan elke persoon wat sy/haar insette gegee het om Eet & Geniet te maak wat dit vandag is.

Laat ons verduidelik:

Sowat 5 jaar gelede het ons die eerste resepteboek geskep. Die doel was nog altyd om resepte te skep wat prakties en smaaklik is; maar ook voldoen aan die vereistes van die plan. Terselfdertyd moes dit ook eenvoudig genoeg wees dat enigiemand dit kan gebruik, sonder om elders resepte te soek of gedurig vir ander mense te vra vir idees.

Maar, min het ons geweet dat saam met die geweldige positiewe terugvoer sou ons lede ook hul waardevolle insigte deel oor hoe om die boek selfs beter te maak. Dit was so lekker om die voorstelle te lees dat ons baie daarvan geïmplementeer het.

Hier is hoe dit gebeur het:

Die eerste weergawe was kleiner en het baie bladsye gehad, wat dit amper twee keer die dikte van die huidige Eet & Geniet resepteboek gemaak het.

Vandag het Eet & Geniet minder bladsye en die boek self is vergroot tot ‘n pasgemaakte grootte om makliker deur die boek te blaai. Die donker voorblad was verruil vir die ligter een.

‘n Gekleurde kode vir elke maaltydkategorie is op elke bladsy bygevoeg om resepte makliker te vind.

En hoewel dit uitdagend was om hierdie veranderinge aan te bring en terselfdertyd die koste billik te hou, was ons vasberade om dit te maak werk.

Hoe kan jy ook deel wees van die sukses?

Die 28 Dae Eetplan Resepteboek: Eet & Geniet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *