Vir Die 28 Dae Eetplan Gebruiker Wat Weet Hoe Belangrik BEPLANNING EN REKORDHOUDING Is Vir Optimale Gewigsverlies:

“MAAK JOU LEWE MAKLIKER, VERWYDER DIE DINKWERK EN SPAAR JOUSELF TYD EN MOEITE MET ‘N NUWE 7-DAE MAALTYDPLAN VIR AL 4 WEKE VAN DIE PLAN!”

Sukses op Die 28 Dae Eetplan is nie toevallig nie… Dit word BEPLAN!
… een week op ‘n slag!

Om jou resepte vooraf te beplan is noodsaaklik om die resultate wat jy eintlik soek te kry! Lees verder om te sien hoe jy ook die dinkwerk uit maaltydbeplanning vir altyd kan verwyder, en ‘n volledige maaltydplan met resepte en inkopielys vir elke week van die plan te geniet!

Met Resultate Soos Hierdie:

“Werk baie goed! Meer verloor as wat ek verwag het. Dankie!”

“Kos was regtig lekker. En mens voel sommer gesonder vanaf dag 4.”

“Maklike resepte, bekombare bestanddele. Week 1 goed gegaan nou pak ons week 2 aan. Baie dankie.”

Dis Geen Wonder Dat Ons Kliënte So Gek Is Oor Ons Unieke Benadering Tot Maaltydbeplanning Op Die 28 Dae Eetplan Nie!

Van: Die baanbrekers in Die 28 Dae Eetplan Sukses en Hulpbronne

Om elke liewe maaltyd op Die 28 Dae Eetplan vooruit te beplan is moeilik. Veral as jy nie genoeg tyd het om dit te doen nie; nie waar nie?! En as jy soos die meeste van ons kliënte is, is jy hier omdat jy gewig wil verloor…

en nie om heeldag lysies te maak nie!

Wel, die realiteit is dit:

of jy nou al baie gewig verloor het, of nog nie begin het nie…

DIE 28DAE EETPLAN VERG BAIE BEPLANNING!

Dink daaroor! Net omdat jy weet dat Die 28 Dae Eetplan baie goed werk, beteken nie dat jy vanself gewig gaan verloor nie – of hoe? NEE! Natuurlik nie! So hoekom sou jy ooit dink dat dit genoeg is om net die plan en resepteboek te besit?

So, as jy hierdie doen:

Blaai deur jou resepteboek om te sien wat is lekker 🙁

(Om bloot voor elke maaltyd te kyk watter resepte maklik en lekker genoeg lyk om volgende te eet) dan…

MORS JY SOVEEL TYD EN ENERGIE…
…TERWYL JY EINTLIK AL BAIE BETER RESULTATE KON GEHAD HET!


Werk jou sisteem regtig? As jy soos die meeste ander mense is wat nie maaltydbeplanning doen nie, dan is die antwoord heel waarskynlik “nee”. Of ten minste, “ek kan beter doen”.

Maar dit is alles okei! Want as jy tyd en energie mors, kan jy dit maklik regstel, soos om net jou tyd en energie beter aan te wend.

En jy sal definitief jou tyd en energie beter kan aanwend wanneer jy soveel tyd, moeite, dinkwerk spaar met ‘n…

nuwe 7-dae maaltydplan vir elke liewe week van die plan!

‘N PASGEMAAKTE MAALTYDPLAN EN INKOPIELYS SPAAR NIE NET TYD, MOEITE EN DINKWERK NIE. DIT DOEN OOK DIE VOLGENDE:

  • Hou jou gefokus en verminder die risiko om van die bus af te val!
  • Help jou om slimmer inkopies te doen en net te koop wat jy nodig het – niks meer nie!
  • Maksimeer die gebruik van kossoorte en verminder die vermorsing van bestanddele!
  • Verskaf stap-vir-stap instruksies deur ‘n resep en foto vir elke maaltyd!
  • Die program beweeg saam met jou soos wat jy van dag tot dag deur die plan beweeg.
  • Verskaf ‘n NUWE en verskillende maaltydplan vir elke maand tot jy jou doelgewig bereik het!
  • En… alles word VIR JOU gedoen sonder dat jy enige beplanning self te doen!

JOU MAALTYDPLAN IS SOOS JOU PERSOONLIKE PADKAART NA ‘N DEFINITIEWE BESTEMMING!

En as jy rondom jou kyk na al die persone wat reeds sukses in gewigsverlies behaal het, wat jou inspireer en na wie jy op kyk…

Sal jy sien hulle ALMAL doen een of ander vorm van beplanning of roetine.

DIE NR.1 FOUT WAT ONSUKSESVOLLE PERSONE OP DIE 28 DAE EETPLAN AANHOU MAAK:

Wanneer persone wat onsuksesvol is op die plan nie by die plan kan hou nie, begin hulle oorkompenseer. Hulle probeer kortpad vat deur allerhande verslankingsmiddels en slangolies aan te koop om hulle te help. En as jy dit doen, beloop jy die risiko om jou liggaam totaal uit te put en te verwar.

En jy weet alreeds dat ‘n oorstelpte liggaam NIE vet verbrand nie.

Of erger! Fout nr. 2…

Wanneer hulle nie die resultate sien wat hulle wil hê nie, begin hulle meer en meer 28 Dae hulpbronne versamel. Meer resepte, meer e-boeke, meer PDF’s…. en oorweldig hulself net nog meer want nou moet hulle kies tussen die honderde resepte en idees. Dit is soos om ‘n rak vol boeke te koop en te verwag om slim te raak deur slegs daarna te kyk!

JY GAAN BAIE BOEKE MOET KOOP EN NOOIT DIE PROBLEEM OPLOS NIE!

Om meer geld na die PROBLEEM te gooi, werk nie! Ander 28 Dae Eetplan gebruikers wat sukkel besef dat hul beplanning (of gebrek daaraan) die oorsaak van hul mislukking is, so hulle sluit aan by voorbereide etes om die probleem op te los.

Maar die realiteit is, om geld na die probleem te gooi laat nie die probleem weggaan nie! Om nie eers te praat van die talle uitdagings waarmee voorbereide etes kom nie! Hoe kan jy verseker weet dat die regte bestanddele gebruik word, of dat die kos nog vars gaan wees teen die tyd dat dit jou bereik?

Om die waarheid te sê, totdat jy die beplanning-probleem in die gesig staar, sal die probleem nooit weggaan nie.

En nadat ons honderde 7 Dae Uitdagings in die hande van talle 28 Dae Eetplan gebruikers geplaas het, is dit so duidelik soos daglig:

DIE 28 DAE EETPLAN IS DIE MAKLIKSTE OM TE DOEN WANNEER JY…
‘N MAALTYDPLAN MET SMAAKLIKE RESEPTE EN BYPASSENDE INKOPIELYS HET!

Jy het ‘n goed uiteengesette maaltydplan NODIG. Jy VERDIEN die gemak en gerief daarvan!

Hoe anders kan jy verwag om ‘n sukses van die plan te maak terwyl jy nog steeds die tyd en vryheid het om die res van jou lewe te leef?!

Maar as jy aanhou om kortpaaie te vat gaan jy nooit die WARE probleem aanspreek en besef dat jy eintlik jou eie smaaklike etes kan maak as jy net die regte beplanning kan doen nie!

Jou lewe staan nie stil net omdat jy op die plan is nie, maar wat gebeur wanneer geen van die slangolies vir jou werk nie?

Gaan jy jou eie beplanning probeer doen en sukkel om als gedoen te kry?

Wat dan? Dan voel dit asof jy twee lewens ly (jou regte een en jou lewe op Die 28 Dae Eetplan) en dan is jy terug na Stap 1… sonder al die duisende vermorste rande.

Maar as jy elke week ‘n NUWE maaltydplan ontvang met HEERLIKE RESEPTE en ‘n bypassende inkopielys, kan jy jou tyd en energie spandeer op die dinge wat vir jou belangrik is!

MAAR ONS VERSTAAN!

‘N VOORAFBEPLANDE MAALTYDPLAN EN INKOPIELYS VIR ELKE WEEK LAAT JOU SEKER DINK….

Maar hoe kan ‘n maaltydplan my
help om my gewigsverlies
doelwitte te bereik?! Dit kan

mos nie so maklik wees nie!

Wel, jy is reg. BAIE mense bereik hul doelgewig sonder om streng maaltydbeplanning en gewigopsporing te doen. Maar was JY al OOIT suksesvol met gewigsverlies met hierdie benadering?

Nee! Dis hoekom jy hier is. Die kans is goed dat jy ten minste een of ander vorm van beplanning gedoen het in jou vorige gewigsverliespogings, nie waar nie?

Jy het ‘n soortvan ‘n idee van wat jy van plan is om te eet en wanneer, en jy het dalk selfs jou spens deurgekyk om ‘n kopnota te maak van watter kruideniersware jy nodig het.

Jy het selfs ‘n paar aantekeninge in jou resepteboek of op jou foon gekrabbel om jou te help beplan.

So, het iemand regtig ‘n maaltydplan NODIG om Die 28 Dae Eetplan te volg? NEE!

MAAR…

Sal iemand wat ernstig is oor gewigsverlies ooit Die 28 Dae Eetplan aanpak sonder AL die nodige beplanning?

NEE!

So, wat is meer belangrik?

…dat jy AL die nodige beplanning tot jou beskikking het…

OF dat jy die Die 28 Dae Eetplan aanpak met net die nodige inligting en jou maaltye “opmaak” soos wat jy van dag tot dag beweeg?

5

Harde FEITE Wat BEWYS Dat ‘N Voorafbeplande Maaltydplan Vir Gewigsverlies WERK!

FEITE:

1

Jy is meer geneig om jou gesondheids-doelwitte te bereik. As jy ‘n duidelike idee het van die kos wat jy deur die dag gaan eet, kry jy nie skielike hongerpyne of drange wat jou laat gryp na gemorskos nie. (Cambridge University Press)

2

Dit spaar jou BAIE geld. Maaltydbeplanning maak dit makliker om meer konsekwent tuis te kook, en vaardige kopers kan selfs meer spaar deur weeklikse winskopies by jou beplanning in te sluit. (Forbes)

3

Maaltydbeplanning word geassosieer met verhoogde voedselverskeidenheid, ‘n sleutelkomponent van ‘n gesonde dieet, wat die waarskynlikheid verhoog om aan voedingsbehoeftes te voldoen en gesonde eetgewoontes baie minder vervelig te maak. (International Journal of Behavioral Nutrition and Physical Activity)

4

Goeie maaltydbeplanning help om impulsaankope te beheer. Wanneer jy jou maaltye beplan het, is jy minder geneig om daardie sak koekies te gryp wanneer jy in die kruidenierswinkel is, aangesien jy ‘n lys het om by te hou terwyl jy inkopies doen en enige toevoegings kan jou van koers af en van jou begroting af gooi. (Mayoclinic)

5

Maaltydbeplanning voorkom besluitmoegheid. Jy het nie daardie knaende, laatmiddagstres wat verband hou met die besluit oor wat om vir aandete te doen nie. (Dr Carolyn Williams, bekroonde dieetkundige)

Jy soek meer gewigsverlies met MINDER MOEITE, nie waar nie?

Die realiteit is dat ‘n goed-beplande maaltydplan met HEERLIKE RESEPTE en ‘n inkopielys vir ELKE WEEK van die plan die enigste manier is om Die 28 Dae Eetplan aan te pak. As jy versuim om te beplan, beplan jy om te misluk!

So, nou dat jy sien presies hoe noodsaaklik die regte maaltydplan is vir jou eetplan sukses, mag jy dalk begin om ietwat senuagtig te word om dit eintlik toe te pas…

LY JY TANS AAN
‘BEGIN-SINDROOM?’

As jy soos baie mense is wat tot dusver gelees het, begin jy die moontlikheid sien van ‘n nuwe maaltydplan met inkopielys vir elke week van die plan en hoe dit jou lewe soveel makliker kan maak as dit kom by Die 28 Dae Eetplan… maar jy verbeel jouself seker met die maaltydplan voor jou terwyl jy jouself afvra,

“Hoe op aarde moet ek begin?!”

Hoe kies ek ‘n dag? Hoe bly ek op koers? En hoe kom ek deur al die rondtes tot ek uiteindelik my doelgewig bereik het?!

Dit kan intimiderend wees wanneer jy eers begin om volgens ‘n maaltydplan te eet. Soveel so dat jy jouself besig hou met ander goed terwyl jy jouself oortuig dat jy nie tyd het om te begin nie. En ons verstaan dit.

Maar hier is ‘n ‘Industrie Geheim’ vir jou:

GROOT GEWIGSVERLIES GEBEUR NIE MET ‘N LANGDRADIGE, UITGEREKTE PLAN NIE…
DIT GEBEUR VAN DAG TOT DAG!
…IN KLEIN STAPPE!

Jy sien, daar is ‘n FORMULE tot die samestelling en die gebruik van jou maaltydplan en dit bestaan uit 4 komponente. En as jy selfs net een van die komponente mis, loop jy die risiko om nie jou gekose resultate op Die 28 Dae Eetplan te kry nie.

Net soos die klassieke raaisel:

“Hoe eet jy ‘n olifant? A: Een happie op ‘n slag.”

So kan ons ‘n soortgelyke vraag vra:

HOE KOM JY DEUR ELKE WEEK SE NUWE MAALTYDPLAN?
ANTWOORD:
EEN. DAG. OP. ‘N SLAG.

Daar is ook ‘n spesifieke METODE om resepte te kies. PLUS.. om vermorsing te verhoed, moet bestanddele van resepte moet sinvol en ekonomies wees!

So, wat as jy ‘n stap-vir-stap plan met resepte vir elke dag, sowel as ‘n bypassende inkopielys vir elke week van die plan gehad het?

Verbeel jou jy kon net eenvoudig hierdie plan volg wat prakties en eenvoudig is… SELFS as jy nog nooit in jou lewe self ‘n maaltydplan saamgestel of gevolg het nie!

Geen dinkwerk!

Geen gewonder wat om volgende te eet nie!

Geen meer mors van tyd, energie of geld nie!

VERBEEL JOU VIR EEN OOMBLIK…

…dat jy ‘n resep vir ontbyt, middagete en aandete vir ELKE dag vir die volle 28 dae van elke rondte gehad het…

…verbeel jou dat jy ‘n bypassende inkopielys vir eenvoudige inkopies ook gehad het…

…Jy sou rondte vir rondte kon VOLTOOI sonder om tyd te mors!

En sodra een week, en een rondte klaar is… is dit klaar! Jy gaan dan nooit weer daardie spesifieke resepte (in daardie volgorde) hoef te eet nie!

In werklikheid, ontvang jy ‘n nuwe maaltydplan elke week, wat dan saam met jou beweeg, dag na dag!

Is dit nie fantasties om so ‘n maklike sisteem te hê wat al die werk, elke week, namens jou doen nie?

Sou dit nie lekker wees nie?

Wel, jy hoef nie jouself verder te “verbeel” nie. Want… dit is hier.

ONS STEL BEKEND

DIE EENVOUDIGE DAG-TOT-DAG SISTEEM MET ‘N NUWE MAALTYDPLAN EN BYPASSENDE INKOPIELYS VIR ELKE WEEK VAN DIE 28 DAE DIEET!

1

Resepte en foto vir elke dag sodat jy vullende etes kan geniet met die regte bestanddele!

2

Bypassende inkopielyste om te verseker dat jy week na week voorbereid kan wees vir die etes wat kom!

3

Nuwe maaltydplan elke week sodat jy rondte na rondte suksesvol kan voltooi sonder om verveeld te raak!

4

Gewigsverlies tredhouer om jou te herinner aan weegdae, om jou vordering te sien en om te verseker dat jy jou doelgewig bereik!

want jou liggaam en die nuwe jy verdien net die beste!

Dis tyd om jou gewigsverlies reis (en jou bankrekening) die hoëpresterende opknapping te gee wat dit verdien!

“Wat ‘n goeie manier om ‘n eetplan te begin! Om interessante idees te hê met verbeeldingryke resepte wat reeds uitgewerk is, is ‘n aansporing om die (soms moeilike!) reis na gewigsverlies te begin. Wel gedaan!”

Die resultate spreek vanself

“Dit werk beslis, as jy dit 100% volg.”

“Ek het 18kg verloor en nie ‘n sekond honger gely nie!!!!”

“Ek het 7kg en my man 12kg in Rondte 1 verloor. Dit voel nie eers of ons op ‘n dieet is nie. Definitief aanbeveel.”Baie dankie.”

“Het daarvan gehou om ‘n plan en resepte te hê. Dit werk om die slim uiteengesit resepte te volg, maak etes lekker, nuut, anders en genoeg. Baie dankie.”

‘n VOORSKOU van wat vir jou wag sodra jy ‘n lid word…

Daaglikse kennisgewings wat jou elke oggend herinner aan

jou etes, weeg inskrywings, motivering en inkopielyste vir jou maaltydplan!

Stap 1:

VOLG JOU MAALTYDPLAN

‘n Maklike maaltydplan wat jy volg om jou doelgewig te bereik.

Elke plan vir sukses bestaan uit ‘n aantal spesifieke stappe… neem byvoorbeeld ‘n padkaart! As jy selfs een verkeerde draai maak (soos om links in plaas van regs te draai) is die hele reis ‘n mislukking! Dis hoe die maaltydplan vir jou 28 Dae Eetplan reis werk!

Binne die Eetplan Idees lidmaatskap kry jy nie net ‘n nuwe maaltydplan elke week wat saamgestel is om jou na jou doelgewig te dryf nie. Jy kry daaglikse kennisgewings wat jou elke oggend, stap-vir-stap vertel presies wat voorlê vir daardie spesifieke dag, sonder dat jy ‘n vinger hoef te lig om enige beplanning van jou eie te doen.

Stel jou voor hoe eenvoudig en lekker jou 28 dae dieet kan wees as jy eenvoudig kan gaan inkopies doen en jou kos kook, want al die maaltye plus resepte vir elke dag is vir jou voorsien.

Die Eetplan Idees Lidmaatskap sluit in jou maaltydplan met resepte en fotos, weegdae, weeklikse motivering en inkopielyste:

Hieronder is ‘n voorsmakie van hoe 1 rondte se inhoud sou lyk…

  • Inleiding
  • Die 28 Dae Maaltydplan
  • Welkom by Rondte
  • Spyskaartex4
  • Inkopielystex4
  • Motiveringx4
  • Weeg Dae (Verpligtende weegdae 5, opisionele weegdae 23)
  • Ontbyt (resep en foto) x28
  • Middagete (resep en foto) x28
  • Aandete (resep en foto) x28

Boonop is daar meer!

JY ONTVANG NIE NET RESEPTE NIE. ONS GEE JOU ALLES WAT JY NODIG HET OM TE EET, WEEG EN TE FLOREER OP DIE 28 DAE EETPLAN!

Stap 2:

Monitor jou gewig

‘n Eenvoudige manier om jou vordering te monitor

As jy jou gewigsverlies oor 7 dae, 14 dae, 28 dae en meer akkuraat monitor, kan jy jou geweldige gewigsverlies vordering sien.

Bly gemotiveerd en sien uit na elke weegdag!

Jy sal ontdek

  • Hoe maklik dit is om te begin en jou begin en doelgewig te stel.
  • Met die statistieke en grafieke is dit so eenvoudig om jou vordering dop te hou.
  • Hou rekord van jou gedagtes terwyl jy jou gewig invoer sodat jy daardie hoë note kan herleef.

Stap 3:

Vind antwoorde vinnig

As al die maaltye wat jy eet reeds al die reëls en regulasies van die dieet bevat, hoekom sou jy vrae hê? Al wat jy hoef te doen is om te eet en te geniet en gewig te verloor, korrek?

Terwyl die resepte sorg vir die kosgedeelte van jou nuwe leefstyl, sal daar heel moontlik ander nie-kosverwante vrae wees wat jy mag hê.
Dalk wil jy weet of jy byvoorbeeld jou etenstye kan verander, of jy soek plaasvervangers weens mediese redes, of as jy wil weet hoekom dit belangrik is om jou sentimeters te meet – kan jy in die aanlyn biblioteek loer vir antwoorde op jou vrae .

Die biblioteek groei en brei voortdurend uit.

Opsomming van Biblioteek

  • Die 28 Dae Dieet met opgesomde en volledige riglyne.
  • Vrugte en groente lyste. Kies wat die beste alternatief vir jouself is.
  • Plaasvervanging lyste, mediese toestande, resepte en meer…

Stap 4:

Klets, vra, deel jou vordering

‘n Eenvoudige manier om wenke en idees met lede te deel

Die laaste ding wat jy wil hê op jou 28 dae dieetreis is om jouself te isoleer. Om te wag totdat jy jou doelgewig bereik het voordat jy weer by die wêreld betrokke raak. Hierdie benadering werk nie omdat die lewe nie wag of stilstaan ​​terwyl jy jou doelwit bereik nie.

Dit is hoekom ons E-Klets by die lidmaatskap ingesluit het. Sodat jy kan gesels met mense wat jou reis verstaan ​​en ondersteun omdat hulle op dieselfde reis is.

As jy aanwysings kan volg, kan jy hierdie maaltydplan volg

Sien hoekom ons kliënte VOEL: “Die Maaltydplanne alleen is meer as R600 werd!”

Die voorganger van die Eetplan Idees Lidmaatskap is die 7 Dae Uitdaging, wat ‘n maaltydplan met resepte en inkopielys vir die eerste 7 dae van die plan aanbied, teen R150. Na aanleiding van die oorweldigende positiewe terugvoer en versoeke na nog meer 7 Dae Uitdagings, het ons hierdie Lidmaatskap saamgestel. En die terugvoer was oorweldigend: Die 7 Dae Uitdagings ALLEEN was die belegging werd! En hier is die beste deel: Jy hoef nie R600 te betaal om te ontvang wat hulle ontvang het nie!

Wanneer Jy by Eetplan Idees Lidmaatskap aansluit, kry jy die samekoms van 5+ Jaar Se Ondervinding in die Skep van Gewigsverlies Hulpbronne Met +6000 Verskillende Produkte in die Hande van Hordes Mense wat Honderde Kilogramme Afgeskud het.

Vandag koop kliënte ons volledige produkreeks omdat hulle kan sien hoeveel makliker dit hul lewens maak op die 28 dae dieet. Of jy 3 kg of 90 kg wil verloor, kan jy saamstem om ‘n goed gestruktureerde stelsel ‘n wêreld van verskil te maak wanneer dit kom by die bereiking van jou doelgewig, of hoe?

DIE 28 dAE

Eetplan Idees

Doen dit Reg die eerste keer
Kry dit Reg elke Keer

R600R297 .PM