|

Affekteer Jou Bloedgroep Hoe Jy Gewig Verloor?

Is jy iemand wie wonder hoekom talle gewigsverlies pille en dieet planne net nie vir jou werk nie? Verwonder jy jou aan daardie vriendin of kollega wat glad nie eers moeite maak met ‘n dieetplan nie, wat daardie kilo’s waarmee jy sukkel sommer so lag-lag afskud? Jy is nie die enigste een nie.
‘n Groot deel van ons Suid-Afrikaners sukkel om gewig te verloor, en navorsing bewys dat die tipe bloedgroep waaraan jy behoort ‘n rol mag speel.

Wat is die oorsaak?

Die O+ en B+ bloedgroep verloor vinniger gewig, omdat hulle hul eetgewoontes maklik kan aanpas. Die B+ groep het ‘n hoër Basale Metaboliese Tempo, wat die gevolg is van die min gewig wat hulle optel. Volgens ‘n Voedkundige, Dr. Seema Khanna is dit baie moeiliker vir AB+ en AB- mense om gewig te verloor. Vir hierdie groep hang gewigsverlies grotendeels van hul gene af.

Wat om te doen

Die naturopaat, Peter J. D’ Adamo het amper 20 jaar terug navorsing gedoen oor ‘n manier wat gewigsverlies op ‘n gesonde manier gehandhaaf kan word. D’Adamo se navording beweer dat party kosse beter reageer met sekere bloedgroepe. Hierdie het nie net ‘n gevolg van effektiewe kos vertering nie, maar help ook met gesonde gewigsverlies, help met die voorkoming van siektes en dra by tot hoёr energie vlakke.


Hier volg ‘n kort opsomming van die voedselgroepe wat voorgeskryf word vir spesifieke bloedgroepe.

Tipe AB-bloed


Hierdie bloedgroep tipe moet suiwel, lam, tofu, vis, vrugte, graan en groente in hul dieet insluit. Groen groente, seekos en tofu word gesien as die bloedgroep se superkosse. Hoender en bone moet verkieslik so min as ingeneem word.

Tipe A-bloed

A-bloed individuele moet kies om groente, vrugte, tofu, volgraan, seekos en kalkoen te eet met olyfolie, soya en pynappel ingesluit. Kosse wat vermy moet word val onder die suiwel en bone afdeling.

Tipe B-bloed


Hierdie bloedgroep sien ‘n diverse dieet van seekos, suiwel, graan, vrugte en rooivleis. Groen groente en lewer word aangemoedig, waar hoender, grondboontjies en mielies vermy moet word.

Ongeag of weet wat jou bloedgroep is of nie, en of jy daarvolgens eet, is Die 28 Dae Eetplan ‘n gebalanseerde plan wat groente, vrugte, graan, suiwel en proteiene insluit. En dit is ‘n program wat deur alle bloedgroepe gevolg kan word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *