|

6 Dinge Waaroor Oorgewig Persone Opgewonde Kan Raak

Om oorgewig te wees is beslis ‘n moeilike uitdaging; fisies, sowel as geestelik. Dit is nadelig vir ons algehele gesondheid en beinvloed ook ons verhoudings en daaglikse interaksie met ander.

Soms word dit so moeilik om die geveg teen oorgewigdheid te oorkom dat dit ‘n mens mismoedig maak en jou gees heeltemal breek. Hierdie artikel verken 6 redes waarom oorgewigdheid nie SO erg is nie.

Dit verg meer energie om groter vorms te laat funksioneer, so groter mense gebruik meer energie om dieselfde dinge te doen wat kleiner mense doen.

  1. Sterker Bene
    ‘n Bietjie ekstra gewig op jou beenstruktuur kan osteoporose, ‘n toestand van broos bene wat minder waarskynlik in oorgewig vroue voorkom, afweer. Gewigdraende bene bly sterker.
  2. Gesonde Harte
    Volgens ‘n studie in die British Medical Journal, het vroue met groter bobene ‘n laer risiko van hartsiekte en vroeë dood. Diegene met dunner bene beloop die grootste kans om hartsiektes te ontwikkel. Addisionele spiermassa in die laer dele van die liggaam (soos in bobene) bevorder ook goeie metabolisme.
  3. Jonger Voorkoms
    In onlangse mediese studies met tweelinge was daar bevind dat die suster met die hoër gewigstelling was beoordeel om ‘n meer jeugdige voorkoms te hê. ‘n Maer gesig kan beslis ‘n paar jaar byvoeg, so die ekstra paar kilogramme kan help om ‘n meer jeugdige voorkoms te skep. Dit kan ook help om ‘n paar van die meer beduidende plooie van veroudering te vul.
  4. Verhoogde Vrugbaarheid
    Die waarskynlik van ondergewig vroue om ‘n miskraam te hê beloop 72% meer as met oorgewig vroue. Meer spesifiek, maerder vroue beloop ‘n veel hoër persentasie van miskraam binne die eerste drie maande van swangerskap. Daardie ekstra gewig aan oorgewig vroue het eintlik bewys dat dit die teenoorgestelde uitwerking op hul swangerskap het.
  5. Vinniger Metabolisme
    Dit is nie die maer mense wat ‘n vinnige metabolisme het nie; dit is die oorgewig mense! Dit verg meer energie om groter vorms te laat funksioneer, so groter mense gebruik meer energie om dieselfde dinge te doen wat kleiner mense doen. Maar ons weet dat metabolisme nie die enigste ding is wat gewig bepaal nie; dit is ook hoeveel jy eet en oefen wat saak maak.
  6. Die Beste Rede van Almal
    Mense wat regtig oorgewig en in swak fisiese toestande is en wel begin dieet, raak vinniger maerder en fikser! Die feit is dat ons liggame wil hê ons moet fiks wees. Dit WIL gesond wees. Dit WIL goed lyk. Dit WIL aantreklik wees! Dus, hoe meer oorgewig jy is, hoe vinniger sal jou liggaam reageer op jou gewigsverliespogings.

Eet & Geniet, die amptelike resepteboek vir die plan, bevat 200 resepte en maak dit soveel makliker om die reis aan te pak.

Hoeveel meer redes het jy nodig om te begin? Jy KAN die kopskuif maak en jouself en jou liggaam verander. Jy KAN jou droom liggaam hê! Begin vandag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *