5 Wenke vir gewigsverlies in die winter

Die kouer, korter dae kan beteken dat jy meer tyd binnenshuis as buitenshuis deurbring, wat jou meer vatbaar maak vir gewigstoename gedurende die wintermaande.

Dit is die rede waarom baie mense deur die winter sukkel om gewig te verloor en af te hou, ondanks hul beste pogings.

Hier volg 5 wenke om jou te help om by jou gewigsverlies doelwitte te bly.

1. Kies meer vars as verwerk

Die meeste kos wat verpak of verwerk word beteken oormatige natrium, preserveermiddels en suiker vir jou dieet. Dit alles kan gewigstoename veroorsaak.

Die winter is ‘n tyd waarin winkels vol vars groente is. Hou voorraad dop en beplan vooruit. Gebruik ‘n verskeidenheid seisoenale groente om gesonde kos voor te berei.

2. Sluk aan kruietee

Jy voel gewoonlik minder dors tydens koue dae, wat kan lei tot dehidrasie sonder dat jy dit eers besef. Wat ons ook dikwels as ‘hongerpyne’ interpreteer, is meestal die eerste teken dat die liggaam water nodig het, nie kos nie.
‘n Ontwaterde liggaam het ‘n swak metaboliese stelsel. Drink warm water of kruietee om nie net jou liggaam te hidreer nie, maar om jou ook langer voller te hou. Dit is welbekend dat groen tee jou aptyt onderdruk en verder te voorkom dat jy te veel eet.

3. Eet lae-kalorie sop

Kies sop met ‘n laer kalorie-inhoud eerder as sop met  hoë-kalorie room en poeiers, wat net tot gewigstoename kan lei.

Twintig van die veertig resepte in die Nutsgids is heerlike sop resepte wat jou maag vol sal hou sonder dat jou liggaam deur die skaal gestraf word.

4. Doen binnenshuise fisieke aktiwiteite

Kies interessante binnenshuise oefeninge soos joga of pilates, wat jy albei gedurende die winter kan geniet.

Al wat jy hoef te doen is om ‘n kombers neer te gooi en 20 minute te neem om fiks te bly en gewig te verloor.

5. Maak slim stysel-keuses

Koolhidrate/stysel is nie die vyand nie. Jy kan brood en pasta eet; maar kwaliteit, hoeveelheid en tydsberekening is die belangrikste om in ag te neem.

Styselagtige kosse wat versadigend is, soos groente; of proteïene en vesel moet die grootste deel van jou styselinname uitmaak.

One Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *