5 Maniere hoe kaneel jou help om gewig te verloor

Hierdie spesery, afkomstig van die bas van die kaneelboom, is waarskynlik die mees terapeutiese geur op aarde en bied boonop ‘n magdom van gesondheidsvoordele.

1. Beheer insulienvlakke en verlaag bloedsuiker

Persone met diabetes, insulienweerstandigheid of PCOS sal weet hoe belangrik dit is om ‘n gebalanseerde bloedsuikervlak te handhaaf. Selfs vir diegene wat nie hierdie siektes het nie is dit ook belangrik, aangesien hoë bloeduikervlakke veroorsaak dat oortollige vet gestoor word.

Kaneel het die unieke eienskap om die insulienaktiwiteit van die liggaam na te maak. Dit verhoed dan dat oortollige vet nie opbou nie.

2. Verhoog metabolisme

Kaneel verander nie net die metabolisme van suiker nie, maar ook die van koolhidrate. Dit beteken dat koolhidrate makliker en vinniger afgebreek word; nog voordat dit die geleentheid kry om as oortollige vet gestoor te word.

3. Verlaag LDL cholesterol

Navorsing toon dat kaneel ook help om LDL (lae-digtheid lipoproteïen of “slegte”) cholesterol te verlaag, wat goeie hart gesondheid bevorder.

4. Help om maagvet te verbrand

Die inname van kaneel beïnvloed maagvet meer as vet wat in ander dele van die liggaam teenwoordig is.

Dit veroorsaak nie net ‘n kleiner rokgrootte nie, maar is ook voordelig vir algehele gesondheid: maagvet is baie gevaarlik is omdat dit die meeste van ons lewensbelangrike organe omring.

5. Onderduk eetlus

Kaneel kan eintlik die proses van die vervoer van kos in jou maag vertraag, wat jou sal help om versadig te voel vir ‘n langer tyd.

Maak seker om kaneel by jou daaglikse maaltye in te werk, soos in baie van die resepte in ons Resepteboek.

One Comment

  1. R Jordaan says:

    28 dieet is maar die bester

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *